settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Wegraping van die kerk?

Antwoord


Die woord “wegraping” word nie in die Bybel gebruik nie. Die konsep van wegraping word egter duidelik in die Bybel geleer. Die wegraping van die kerk is ‘n gebeurtenis waar God al die gelowiges uit die wereld neem om sodoende gereed te maak vir die storting van Sy oordeel op aarde tydens die tribulasie (verdrukkings) periode. Die wegraping word hoofsaaklik in 1 Tessalonisense 4:13-18 en 1 Korintiërs 15:50-54 beskryf. God sal al die gelowiges wat alreeds dood was weer laat opstaan en aan hulle verheerlike (glorieryke) liggame gee, die gelowiges wat tydens hierdie tydperk nog op aarde lewe sal ook verheerlike liggame kry en dan sal God almal van hulle aarde toe neem. “Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Eerstens sal die wat in Christus gesterf het uit die dood opstaan, daarna sal ons wat nog lewe saam met hulle in die wolke weggevoer word. Almal hierdie sal dan saam die Here in die lug in die ontmoet en vir altyd by Hom wees” (1 Tessalonissense 4:16-17).

Die wegraping sal in ‘n oomblik gebeur en ons sal dieselfde tyd glorieryke liggame ontvang. “Kyk ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterf nie, maar ons sal almal verander word. By die laaste trompet sal dit in ‘n oomblik, in ‘n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word” (1 Korintiërs 15:51-52). Die wegraping is ‘n glorieryke gebeurtenis en ons behoort almal na dit uit te sien. Ons sal dan finaal klaar wees met sonde. Ons sal dan in God se teenwoordigheid wees vir altyd. Daar kan nog baie meer gesê en bespreek word oor die doel en omvang van die wegraping, maar dit sal nie God se bedoeling wees nie, Hy wil iewers dan ons, “mekaar moet troos met hierdie woorde” (1 Tessalonissense 4:18).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Wegraping van die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries