settings icon
share icon
Vraag

Wanneer tydens die wegraping tribulasie gebeur die wegraping?

Antwoord


Die tydstip wanneer die wegraping gebeur is een van die mees betwiste besprekings in die kerk vandag. Die drie primêre sieninge is voor-tribulasie (die wegraping gebeur voor die tribulasie begin), middel-tribulasie (die wegraping gebeur halfpad deur die tribulasie) en na-tribulasie (die wegraping gebeur na die afloop van tribulasie). Die vierde siening wat bekendstaan as voor-toorn is amper dieselfde tydperk as die siening van middel-tribulasie.

Dit is eerstens belangrik dat ons die doel van tribulasie verstaan. Volgens Daniel 9:27 is daar sewintig “sewe” (7-jaar) tydperke wat moet gebeur alvorens tribulasie ontstaan. Daniel se profesie van sewintig sewe’s (Daniel 9:20-27) gaan oor die Israel nasie. Dit is ‘n tydperk waar God veral Sy fokus toespits op Israel. Die sewintigste sewe, die tribulasie, is wanneer God spesifiek aandag gee aan Israel. Alhoewel dit nie beteken dat die kerk nie teenwoordig hoef te wees nie, bring dit tog die vraag hoekom die kerk nog op aarde hoef te wees tydens hierdie gebeurtenis.

Die primêre Skriftelike gedeelte oor die wegraping is 1 Tessalonissense 4:13-18. Dit vertel ons dat alle lewende gelowiges saam met al die gelowiges wat alreeds gesterf het die Here Jesus sal ontmoet in die lug en hulle sal dan saam met Hom wees vir altyd. Hierdie wegraping beteken God neem Sy mense weg van die aarde. ‘n Paar verse verder in 1 Tessalonissense 5:9 sê Paulus, “God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word”. Die boek van Openbaring, wat hoofsaaklik handel oor die tribulasie tydperk, is ‘n profetiese boodskap van hoe God Sy toorn op die aarde uitstort tydens tribulasie. Dit sal teenstrydig wees met God se karakter om ‘n siening te hê dat God sê Sy gelowiges sal nie gestraf word nie maar dan word hulle hier op aarde gelos tydens die tribulasie wanneer Sy toorn plaasvind. Die feit dat God belowe (1 Tessalonissense 4:13-18) dat gelowiges saam met Jesus sal wees en kort daarna belowe (1 Tessalonissense 5:9) Hy dat hulle nie deel sal hê aan Sy toorn nie, blyk mos dat hierdie twee gebeure aan mekaar gekoppel is.

Nog ‘n belangrike aspek oor die tydstip van die wegraping is Openbaring 3:10, waar Jesus belowe om gelowiges te bevry van die “tyd van beproewing” wat op aarde sal gebeur. Hierdie belofte kan twee dinge beteken. Christus sal Sy mense tydens die periode van beproewing beskerm of Hy sal hulle wegneem voordat dit gebeur. Beide sieninge sal aanvaarbare vertaling wees vir die Griekse woord “van” - soos in “tyd van beproewing”. Christus belowe om gelowiges te beskerm of te bevry van die periode wat bekend staan as tribulasie. Die doel van tribulasie en die doel van wegraping soos in 1 Tessalonissense 5:9, asook die betekenis van Openbaring 3:10 verskaf ons duidelike ondersteuning vir ‘n voor-tribulasie siening. Indien die Bybel konstant letterlik vertolk word, moet die voor-tribulasie siening die mees aanvaarbaarste Bybelse vertolking wees vir wanneer die wegraping gebeur.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer tydens die wegraping tribulasie gebeur die wegraping?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries