settings icon
share icon
Vraag

Wat is gerubs? Is gerubs engele?

Antwoord


Gerubs is engele-wesens wat betrokke is in die aanbidding en lofprysing van God. Dit word vir die eerste keer in die Bybel in Gen 3:24 genoem, “Die Here God het die mens uitgedryf en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit en ook ‘n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.” Voor Satan se rebellie, was hy ‘n gerub (Eseg 28:12-15). Die tabernakel en tempel saam met hul artikels bevat baie afbeeldinge van gerubs (Eks 25:17-22; 26:1,31; 36:8; 1 Kon 6:23-35; 7:29-36; 8:6-7; 1 Kron 28:18; 2 Kron 3:7-14; 2 Kron 3:10-13; 5:7-8; Hebr 9:5).

Esegiël 1 en 10 beskryf die “vier wesens” (Eseg 1:5) as dieselfde soos die gerubs (Eseg 10). Elkeen het vier gesigte – dié van ‘n mens, ‘n leeu, ‘n bul en ‘n arend (Eseg 1:10; ook 10:14) – en elk het vier vlerke gehad. Hierdie gerubs het twee van hul vlerke gebruik om meet te vlieg en die ander twee om hul liggame mee toe te maak (Eseg 1:6,11,23). Onder hulle vlerke het dit gelyk asof daar die vorm van ‘n mensehand was (Eseg 1:8; 10:7-8,21).

Openbaring 4:6-9 beskryf waarskynlik ook die beeld van gerubs. Hulle dien die doel om die heiligheid en mag van God groot te maak. Dit is een van hul hoof-verantwoordelikhede regdeur die Bybel. Daarmee saam dien hulle ook as ‘n sigbare herinnering ten opsigte van die majesteit en glorie van God en Sy blywende teenwoordigheid by Sy mense.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is gerubs? Is gerubs engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries