settings icon
share icon
Vraag

Wat gebeur met die mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie? Sal God mense veroordeel wat nog nooit van Hom gehoor het nie?

Antwoord


Alle mense moet in rekenskap staan teenoor God of hulle al gehoor het van Hom of nie. Die Bybel vertel ons dat God Homself aan mens toon deur die natuur (Romeine 1:20) asook in die harte van mense (Prediker 3:11). Die probleem is dat mensdom vol sonde is, ons verwerp hierdie kennis van God en rebelleer teen Hom (Romeine 1:21-23). Dit is te danke aan God se genade dat ons toegelaat word om te besef hoe leeg en mislik ons lewe is sonder Hom. God wys hierdie aan mense wat Hom aanhoudend verwerp (Romeine 1:24-32).

Die realiteit is nie, dat mense nie van God weet nie, maar eerder dat hulle Hom verwerp al kan hulle Sy werklikheid en bestaan in die natuur sien. Deuteronomium 4:29 stel dit, “Daar sal julle weer na die Here soek. As julle met hart en siel na Hom soek, sal julle Hom vind”. Die vers leer ons ‘n belangrike beginsel – almal wat Hom opreg soek, sal Hom vind. God sal Homself bekend maak aan enige persoon, wat die opregte begeerte het, om Hom te ken.

Die probleem is “daar is nie een wat werklik verstandig is nie, niemand wat werklik ernstig na God soek nie” (Romeine 3:11). Mense verwerp die God se bestaan al word dit gesien in die natuur en die gevoel in hul harte. Instede verkies hulle om hul eie “god” te volg, daardie “god” wat hulle self skep. Dit is belaglik om te redeneer dat God onregverdig is indien Hy iemand hel toe stuur, want daardie persoon het nog nooit van Hom gehoor nie. ‘n Mens is verantwoordelik teenoor God net deur dit wat God nou alreeds vir ons gewys het (die natuur en die gevoel in ons harte). Die Bybel vertel die rede hoekom mense hel toe gestuur word, is omdat hulle God verwerp.

In plaas van om te stry oor die noodlot wat wag vir mense wat nooit van God gehoor het nie, moet ons as Christene ons beste doen om te verseker dat soveel mense as moontlik wel die boodskap van Jesus aanhoor. Ons word geroep om die boodskap aan alle nasies te versprei (Matteus 28:19-20; Handelinge 1:8). Omdat ons weet mense verwerp God se bestaan, moet dit ons juis motiveer om die reddings boodskap van Christus hulle mee te deel. Wanneer mense God se genade aanvaar deur in Jesus Christus te glo, sal hulle gered word en sal hul sondes vergewe word en dus verhoed dat hulle vir ewig van God geskei word.

Indien ons dink dat die mense wat nooit van Jesus se boodskap gehoor het nie wel, deel sal hê aan God se genade sal dit lei tot ‘n heel verkeerde indrukke. Hierdié indruk sal dan mos veroorsaak dat niemand die boodskap van Jesus deel nie en daardeur verseker dat mense gered word. Dit is mos sinneloos om so te dink.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat gebeur met die mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie? Sal God mense veroordeel wat nog nooit van Hom gehoor het nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries