settings icon
share icon
Vraag

Is daar verskillende vlakke van die Hemel?

Antwoord


Wat die Skrif oor verskillende vlakke van die Hemel sê, kom voor in 2 Kor 12:2, “Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde Hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit”. Sommige interpretasies sien dit as aanduiding van drie verskillende vlakke van die Hemel, ‘n vlak vir “super-toegewyde Christene” of Christene wat ‘n hoë vlak van spiritualiteit verkry het, ‘n vlak vir “gewone” Christene, gebaseer op wat hulle gedoen het. Dit wys ons dat daar ‘n tyd sal wees om gelowiges te vergoed. In 2 Tim 4:7-8 lees ons Paulus se woorde toe hy sy bediening voltooi het: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na Sy koms.”

Net daardie werke wat God se toetsvuur van suiwering deurstaan, het ewigheidswaarde en sal waardig wees om vergoeding te ontvang. Daardie waardevolle werke word na verwys as “goud, silwer en edelstene ” (1 Kor 3:12) en is daardie dinge wat op die fondament van geloof in Christus gebou is. Daardie werke wat nie vergoeding sal ontvang nie, word “hout, gras en strooi” genoem; hierdie verwys nie na bose dade nie, maar waardelose aktiwiteite met geen ewigheidswaarde nie. Vergoeding sal plaasvind voor die “regterstoel van Christus”, ‘n plek waar gelowiges se lewens beoordeel word vir die doel van vergoeding. “Oordeel” van gelowiges verwys nooit na straf vir sonde nie. Jesus Christus is vir ons sonde gestraf toe Hy aan die kruis gesterf het en God het van ons gesê: “ Oor hulle ongeregtighede sal ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie” (Heb 8:12). Wat ‘n wonderlike gedagte! Die Christen hoef nooit straf te vrees nie, maar kan vorentoe kyk na krone van vergoeding, wat hy by die voete van die Verlosser kan ontvang. Opsommenderwys, daar is nie verskillende vlakke van die Hemel nie, maar daar is verskillende vlakke van vergoeding in die Hemel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar verskillende vlakke van die Hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries