settings icon
share icon
Vraag

Is Jesus Migael die aartsengel?

Antwoord


Jesus is nié Migael die aartsengel nie. Nêrens in die Bybel word Jesus geïdentifiseer as Migael nie (of enige ander engel nie). Hebr 1:5-8 maak ‘n duidelike onderskeid tussen Jesus en die engele: “Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: ‘Jy is my Seun, vandag het Ek jou Vader geword,’ en ook: ‘Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees’? En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: ‘Al die engele van God moet Hom aanbid.’ Van die engele sê Hy: ‘Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.’ Maar van die Seun sê Hy: ‘U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied.’” Die hiërargie van die hemelwesens word in hierdie gedeelte duidelik gemaak – engele aanbid Jesus wat, as God, alleen waardig is om aanbid te word. Geen engel word ooit in die Skrif aanbid nie; dus, Jesus (waardig om aanbid te word) kan nie Migael of enige ander engel wees nie (nie waardig om aanbid te word nie). Die engele word seuns van God genoem (Gen 6:2-4; Job 1:6; 2:1; 38:7), maar Jesus is die Seun van God (Hebr 1:8; Matt 4:3-6).

Migael die aartsengel is miskien die hoogste van al die engele. Migael is die enigste engel in die Bybel wat na verwys word as die “aartsengel” (Judas vers 9), alhoewel hy slegs ‘n engel is. Hy is nie God nie. Die duidelike onderskeid in die krag en outoriteit van Migael en van Jesus kan gesien word deur Matt 4:10 (waar Jesus vir Satan bestraf) te vergelyk met Judas vers 9, waar Migael die aartsengel “hom dit nie veroorloof om die duiwel te beledig en te veroordeel nie”, maar vir hom gesê, “Die Here sal jou straf.” Jesus is God, wat mens geword het (Joh 1:1, 14). Migael die aartsengel is ‘n magtige engel, maar steeds slegs ‘n engel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesus Migael die aartsengel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries