settings icon
share icon
Vraag

Wie is die Koningin van die Hemel?

Antwoord


Die frase “die koningin van die hemel” verskyn twee keer in die Bybel, beide kere in die boek Jeremia. Die eerste insident is in verband met die dinge wat die Israeliete gedoen het om die woede van die Here aan te wakker. Hele families was betrokke in afgodery. Die kinders het hout bymekaargemaak en die mans het dit gebruik om altare te bou om die valse gode te aanbid. Die vroue was betrokke by die knie van deeg en koeke se bak of brood, vir die “Queen of Heaven” (Jer 7:18). Hierdie titel verwys na Ishtar, ‘n Assiriese en Babiloniese godin, ook genoem Ashtoreth of Astarte deur verskeie ander groepe. Sy was veronderstel om die vrou van die valse god, Baäl te wees, ook bekend as Molech. Die motivering van vroue om Ashtoreth te aanbid, het van haar reputasie as vrugbaarheidsgodin afgestam om die draer van kinders te wees. Dit was ‘n groot begeerte onder vroue in daardie era en dus was die aanbidding van hierdie koningin van die hemel baie algemeen onder heidense burgerlikes. Ongelukkig het dit ook populêr geraak onder die Israeliete.

Die tweede verwysing na die koningin van die hemel word in Jer 44:17-25 gevind, waar Jeremia aan die mense die Woord van die Here gee, wat God aan hom oorgegee het. Hy herinner die mense dat hul ongehoorsaamheid en afgodery die Here baie kwaad gemaak het en dat Hy hulle sou straf met rampe. Jeremia het hulle gewaarsku dat groter straf op hulle wag as hulle nie hul sonde bely nie. Hulle antwoord was dat hulle geen intensie gehad het om hul afgodsaanbidding te staak nie en hulle belowe om voort te gaan met die uitgieting van drankoffers aan die koningin van die hemel, Ashtoreth en selfs so ver sou gaan om haar te vereer met die vrede en voorspoed wat hulle eens geniet het, as gevolg van God se genade en barmhartigheid.

Dit is onduidelik waar dit vandaan kom dat Ashtoreth ‘n “metgesel” van Jehova was, maar dit is maklik om te sien hoe die inmenging van die heidendom wat ‘n godin verhoog met die aanbidding van die ware Koning van die hemel, Jehova , kan lei tot die kombinering van God en Ashtoreth. En aangesien die aanbidding van Ashtoreth seksualiteit ingesluit het (vrugbaarheid, voortplanting, tempelprostitusie), sou die verhouding wat daaruit voortvloei, tot die bedorwe verstand, natuurlik een wees met ‘n seksuele natuur. Dit is duidelik dat die gedagte aan die “koningin van die hemel” as die metgesel of minnaar van die Koning van die hemel onbybels en afgodies is.

Daar is geen koningin van die hemel nie. Daar was nooit ‘n koningin van die hemel nie. Daar is sekerlik ‘n Koning van die Hemel, die Here van die leërskare, Jehova. Hy alleen regeer in die hemel. Hy deel nie Sy heerskappy of Sy troon of Sy outoriteit met enigeen nie. Die idee dat Maria, die moeder van Jesus, die koningin van die hemel is, het geen skriftuurlike basis hoegenaamd nie, eerder afkomstig van die proklamasies van priesters en pouse van die Rooms Katolieke Kerk. Terwyl Maria sekerlik ‘n godvredende jong vrou grootliks geseënd was, omdat sy gekies was om die Verlosser van die wêreld te dra, was sy in geen opsig goddelik nie, ook was sy nie sonder sonde nie, sy mag ook nie aanbid word, hoog geag word, vereer word of voor gebid word nie. Alle volgelinge van die Here God weier aanbidding. Petrus en die apostels wier om aanbid te word (Hand 10:25-26; 14:13-14). Die heilige engele weier om aanbid te word (Openbaring 19:10; 22:9). Die antwoord is altyd dieselfde: “Aanbid God!” Om aanbidding aan te bied of verering of eerbetoon aan enigeen, behalwe God, is niks anders as afgodery nie. Maria se eie woorde in haar “Magnificat” (“Lofsang”) (Luk 1:46-55) openbaar sy dat sy nooit aan haarself as “onberispelik” gedink het en om verering te verdien nie, maar in plaas daarvan eerder op die genade van God vir redding staatgemaak het: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God my Verlosser.” Slegs sondaars het ‘n Verlosser nodig en Maria het erken dat sy daardie behoefte in haarself gehad het.

Verderaan het Jesus ‘n sagte teregwysing geuiter aan ‘n vrou wat na Hom uitgeroep het, “Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!” (Luk 11:27), en haar geantwoord, “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.” Deur dit te doen, het Hy enige neiging om Maria te verhoog as ‘n objek van aanbidding, ingekort. Hy kon sekerlik gesê het, Ja, geseënd is die koningin van die hemel!”, maar Hy het nie. Hy het dieselfde waarheid bevestig wat in die Bybel staan – daar is geen koningin van die hemel nie en die enigste bybelse verwysings na die “queen of heaven” verwys na die godin van ‘n afgodiese, valse godsdiens.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie is die Koningin van die Hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries