settings icon
share icon
Vraag

Is daar 'n verskil tussen die boek van die lewe en die Lam se boek van die lewe?

Antwoord


Daar is agt verwysings in die Nuwe Testament na die "boek van die lewe" en twee daarvan verwys spesifiek na die boek van die lewe wat aan die Lam, Jesus Christus, behoort. Sewe van die verwysings verskyn in die boek Openbaring. Diegene wie se name in die boek van die lewe geskryf is, is hulle wat aan God behoort, hulle wat die ewige lewe verkry het.

Paulus verwys na hulle wat saam met hom gewerk het, as hulle wie se name in die boek van die lewe geskryf is (Fil 4:3). Weer word die boek van die lewe geïdentifiseer as 'n opname van die name van diegene wat die ewige verlossing het. Op dieselfde manier verwys Openbaring 3:5 na die boek van die lewe, waarin die name van gelowiges in die Here gevind word. Hierdie is hulle wat die beproewings van die aardse lewe oorkom het en sodoende bewys dat hul redding opreg is. Hierdie vers maak dit ook duidelik, dat as 'n naam eers in die boek van die lewe geskryf is, belowe Jesus dat Hy dit nooit sal uitwis nie en so word weer die lering van ewige sekerheid bewys. Die Here Jesus wat met die kerke in hierdie deel van Openbaring praat, belowe om Sy eiendom voor Sy Vader te erken. Omgekeerd openbaar Openbaring 20:15 die noodlot van hulle wie se name nie in die boek van die lewe geskryf is nie – ewigheid in die helse vuur.

In Openbaring 13:8 en 21:27 vind ons die verwysings na die "Lam se boek van die lewe", waarin ook die name van hulle almal is wat deur die bloed van die Lam, Jesus Christus, gewas is. Die Lam wat "geslag is" het 'n boek met die name van hulle wat deur Sy offerande verlos is. Hulle is diegene wat die Heilige Stad sal ingaan, die Nuwe Jerusalem (Openbaring 21:10) en wie vir ewig saam met God in die hemel sal woon. Aangesien die boek van die lewe almal se name bevat wat die ewige lewe deur die Lam het, is dit duidelik dat die boek van die lewe en die Lam se boek van die lewe een en dieselfde is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar 'n verskil tussen die boek van die lewe en die Lam se boek van die lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries