settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Spade Reën Beweging?

Antwoord


Die Spade Reën Beweging is ‘n invloed binne-in die Pinkstergelowe (Pentekostalisme) wat glo dat die Here weer Sy Gees gaan uitstort, soos Hy met Pinkster gedoen het en Hy gebruik gelowiges om die wêreld voor te berei vir Sy Wederkoms. Die Spade Reën Beweging is anti-bedeling en “amillennial” en baie leiers van hierdie beweging is voorstanders van afwykende leringe.

Die term “Spade Reën” was eerste gebruik in die geskiedenis van Pentekostalisme, toe David Wesley Myland ‘n boek geskryf het, “Latter Rain Songs” in 1907. Drie jaar later het Myland “The Latter Rain Covenant” geskryf, ‘n verdediging van Pentakostalisme in die algemeen.

Die naam kom van Joël 2:23, “Inwoners van Sion, julle moet bly wees en juig tot eer van die Here julle God, want Hy het die reëns betyds laat kom, Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.” Pinkstergelowe interpreteer die “reën” in hierdie vers as ‘n uitstorting van die Heilige Gees. Die “latter rain” (die eindtyd-uitstorting) sal groter wees as die “former rain.”

In 1948 het ‘n “herlewing” uitgebreek in Saskatchewan, Kanada en die leringe van die Spade Reën Beweging was opgeklaar. Hulle wat betrokke was in die herlewing was oortuig dat hulle op die grens staan van ‘n nuwe era, waarin die Heilige Gees Sy almag sou demonstreer, op ‘n groter wyse as wat die wêreld ooit gesien het. Nie eens in die tyd van die apostels, het hulle gesê, kon hulle getuig van so ‘n beweging van die Heilige Gees nie.

Die lering van die Spade Reën word gekenmerk deur ‘n hoogs tipologiese Skrifuitlegging (uitlegkunde). Dit beteken, die bybel word geïnterpreteer in ‘n simboliese, uiters gestileerde wyse. ‘n Beklemtoning is geplaas op ekstra bybelse openbaring, soos persoonlike profesieë, ondervindinge en opdragte direk van God af. Spade Reën lering sluit die volgende oortuigings in:

Die gawes van die Gees, insluitende spreek in tale, word ontvang deur die oplegging van die hande

Christene kan van duiwels besete raak en benodig bevryding

God het al die bedieningsampte van die Kerk herstel, insluitende apostel en profeet

Goddelike genesing kan uitgeoefen word deur die oplegging van die hande

Lofprysing en aanbidding bring God in ons teenwoordigheid in

Vroue het ‘n vol en gelyke bedieningsrol in die Kerk

Verskillende denominasies sal vernietig word en die Kerk sal in die laaste dae ‘n eenheid vorm

Die Spade Reën sal God se werk tot voltooiing bring; die Kerk sal die wêreld oorwin en inlei in Christus se koninkryk.

Baie “apostels” in die Spade Reën Beweging verkondig ook die doktrine van “die manifestering van die seuns van God.” Dit is ‘n ketterse doktrine wat sê dat die Kerk ‘n spesiale groep “overcomers” sal uitlig wat geestelike liggame sal ontvang en onsterflik sal raak.

Dit is belangrik om daarop te let dat die “Assemblies of God” die Spade Reën Beweging beskou asof dit kettery bevat, reg van die begin af. Op die 20ste April 1949, het die “Assemblies of God” die Spade Reën se lering afgekeur, deur feitlik die denominasie te verdeel in die proses. Ander bestaande Pinkstergroepe het soortgelyke voorstelle deurgegee.

Hedendaags word die term “Spade Reën” baie selde gebruik, maar die teologie hiervan gaan voort om invloed uit te oefen. Die meeste sytakke van die Charismatiese Beweging hang die Spade Reën se lering aan. Moderne bewegings soos die Brownsville/Pensacola Revival, die Toronto Blesssing en die “holy laughter” fenomeen is ‘n direkte uitvloeisel van Spade Reën teologie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Spade Reën Beweging?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries