settings icon
share icon
Vraag

Hoe het Noag al die diere in die ark ingepas?

Antwoord


Hoe het Noag al daardie diere in die ark ingepas? Was die ark groot genoeg om “twee van elk, manlik en vroulik, in die ark laat ingaan. Van elke soort voël en dier, ook van dié wat kruip, van almal sal daar twee na jou toe kom om aan die lewe te bly,” en 7 van sommige diere? Wat van die kos? Daar moes baie spasie wees om genoeg kos weg te pak vir Noag en sy familie (8 in getal) plus al die diere, vir ten minste ‘n jaar (lees Gen 7:11; 8:13-18) en dalk meer, afhangende van hoe lank dit sou neem vir die plantegroei om weer terug te groei. Dit is baie kos! Wat van drinkwater? Is dit realisties om te glo dat Noag se boot groot genoeg was om al hierdie diere en kos en water vir meer as ‘n jaar te kon berg?

Die afmetings vir die ark word in Genesis 6 :15 gegee: 135 meter lank, sy breedte twee en twintig en ‘n half meter en sy hoogte dertien en ‘n half meter. Wat is ‘n “el”? Dit is ‘n antieke eenheidsmaat, die lengte van die voorarm vanaf die elmboog tot by die langste vinger (die term “el” kom van die Latynse word “cubitum” en beteken “elmboog.” Die Hebreeuse word vir “el” is “amah.” Aangesien elkeen se arms verskillende lengtes het, mag hierdie eenheid ‘n bietjie twyfelagtig klink vir sommige, maar geleerdes stem saam dat dit iets tussen 17 en 22 duim verteenwoordig (43-56 cm). Die antieke Egiptiese el was bekend as 21.888 dm. Dus, maak die som,

300 x 22 dm = 6,600; 50 x 22 dm = 1,100; 30 x 22 dm = 660
6,600/12 = 550 vt; 11oo/12 =91.7 vt; 660/12 =55 vt.

Dus, kon die ark tot 550 vt lank wees, 91.7 vt wyd en 55 vt hoog. Dit is nie onredelike afmetings nie. Maar hoeveel stoorplek was daar? Wel, 550 x 91.7 x 55 = 2,773,925 kub vt. ( Indien ons die kleinste maat van ‘n el gebruik, 17 dm, dan eindig ons met 1,278,825 kub vt). Natuurlik sou alles nie oop spasie gewees het nie. Die ark het 3 vlakke gehad (Gen 6:16) en baie vertrekke (Gen 6:14), waarvan die mure ook spasie opgeneem het. Nieteenstaande, daar is getel dat ‘n bietjie meer as die helfte (54.75%) van die 2,773,925 kub vt, 125,000 skaapgrootte diere kon stoor, en dit laat meer as 1.5 miljoen kub vt vir oop spasie ( sien http://www.icr.org/article/how-could-all-animals-get-board-noahs-ark/).

John Woodmorappe, skrywer van Noah’s Ark: A Feasibility Study, skat dat slegs 15% van die diere in die ark groter as ‘n skaap kon wees. Hierdie skatting neem nie in ag dat daar die moontlkiheid was dat God “jong diere”, dalk heelwat kleiner as die volgroeide diere, na Noag se ark gebring het nie.

Hoe baie diere was in die ark? Woodmorappe skat so 8,000 “soorte”. Wat is ‘n “soort”? Die aanduiding van “soort” word gesien as baie breër as “spesies.” Selfs al is daar meer as 400 honderasse wat almal aan een spesie behoort (Canis familiaris), kan daar só baie spesies behoort aan een soort. Sommige dink dat die aanduiding “genus” nogal na-aan die bybelse “soort” kan wees.

Al veronderstel ons dat “soort” sinoniem is met “spesies”,” is daar nie baie spesies van soogdiere, voëls, amfibieë en reptiele nie. Die toonaangewende sistematiese bioloog, Ernst Mayr, gee die getal as 17,600. Laat nou toe twee van elke spesie in die ark, plus sewe van die paar sogenaamde “rein” soorte diere, plus ‘n redelike toename bekende uitgestorwe spesies, is dit duidelik dat nie meer as 50,000 diere aan boord van die ark was nie” (Morris, 1987).

Sommige het geskat dat daar meer as 25,000 soorte diere in die ark was. Dit is ‘n growwe skatting. Met twee van elke soort en sewe van sommige, sou die getal diere 50,000 oortref, alhoewel nie te ver nie, relatief gesproke. Ongeag, of daar 16,000 of 25,000 soorte diere was, selfs met twee van elk en sewe van sommige, stem geleerdes saam dat daar baie spasie vir al die diere in die ark was, plus kos en water, met nog ekstra spasie.

Wat van al die uitskeiding van al hierdie diere? Hoe het 8 mense reggekry om al daardie diere te voed en te oorleef met tonne uitskeiding daagliks? Wat van diere met spesifieke kosvoorkeure? Hoe het plant-eters oorleef? Wat van insekte? Daar is duisende ander vrae en almal is goeie vrae. Volgens baie, is hierdie vrae nie beantwoordbaar nie. Hulle is egter niks nuuts nie. Vir eeue lank word dit gevra en deur al daardie tye het die navorsers antwoorde gesoek. Daar is nou veelvuldige, uitvoerbaarheidsondersoeke wat Noag en sy ark op die proef stel.

Met meer as 1,200 vakkundige verwysings na akademiese studies, is Woodmorappe se boek “‘n moderne sistematiese evaluering van die beweerde probleme rondom Noah’s Ark” (John Woodmorappe, “A Resource for Answering the Critics of Noah’s Ark,” Impact No 273, March 1996. Institute for Creation Research, 30 January 2005 http://www.icr.org/pubs/imp-273.htm) Woodmorappe beweer dat na jare van sistematiese ondersoek na al die vrae wat opgekom het, “all of the arguments against the Ark are.. ….found wanting. In fact, the vast majority of the ant-Ark arguments, at first superficially plausible, turn out to be easily invalidated.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe het Noag al die diere in die ark ingepas?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries