settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om Jesus as jou persoonlike Verlosser te aanvaar?

Antwoord


Het jy al ooit Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser aangeneem? Voordat jy antwoord, gun my die geleentheid om die vraag te verduidelik. Om hierdie vraag te begryp is dit nodig om eers die volgende te verstaan: “Jesus Christus”, “Persoonlike” en “Verlosser.”

Wie is Jesus Christus? Baie mense sal Jesus Christus as ‘n goeie man, goeie leraar, selfs ‘n profeet van God erken. Hierdie dinge is verseker waar van Jesus, maar dit definieer nie wie Hy waarlik is nie. Die Bybel leer ons dat Jesus, God in die vlees is, dat God ‘n mens geword het (Johannes 1:1,14). God het na die aarde gekom om ons te leer, gesond te maak, ons reg te wys, ons te vergewe – en om vir ons te sterf! Jesus Christus is God, die Skepper, die Heilige Here. Het jy al hierdie Jesus aanvaar?

Wat is ‘n Verlosser en hoekom het ons ‘n Verlosser nodig? Die Bybel vertel ons dat ons almal sondaars is, ons het almal slegte dinge gedoen (Romeine 3:10-18). As gevolg van ons sonde, kom God se woede en oordeel ons almal toe. Die enigste regverdige straf vir ons sonde teen ‘n oneindige, ewige God, is ‘n oneindige en ewige straf, naamlik die dood. (Romeine 6:23, Openbaring 20:11-15). Dis hoekom ons ‘n Verlosser nodig het!

Jesus Christus het aarde toe gekom om in ons plek te sterf. Jesus se dood, as God in die vlees, was ‘n oneindige en ewige betaling vir ons sondes (2 Korintiërs 5:21). Jesus het gesterf om vir ons sondes te betaal (Romeine 5:8). Jesus het in ons plek hierdie prys betaal. Jesus se opstanding uit die dood het bewys dat Sy dood volle betaling was vir die straf van ons sondes. Dit is hoekom Jesus die enigste Verlosser is (Johannes 14:6, Handelinge 4:12)! Vertrou jy Jesus as jou Verlosser?

Is Jesus jou “persoonlike” Verlosser? Baie mense sien Christenskap as byvoorbeeld om kerk by te woon, rituele uit te oefen, of om seker sondes nie te doen nie. Dit is nie Christenskap nie. Ware Christenskap is ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. Om Jesus as jou persoonlike verlosser te aanvaar beteken om jou eie persoonlike vertroue en geloof in Hom te plaas. Niemand word gered deur die geloof van ‘n ander nie. Niemand word vergewe deur sekere dinge te doen nie. Die enigste manier om gered te word is om Jesus aan te neem as jou persoonlike Verlosser, om te vertrou dat Sy dood die betaling vir jou sonde is, en dat Sy opstanding jou waarborg is om die Ewige Lewe te ontvang (Johannes 3:16). Is Jesus jou persoonlike Verlosser?

As jy Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser wil aanneem, sê die volgende woorde tot God. Onthou, om hierdie gebed, of enige ander gebed te herhaal gaan jou nie red nie. Dis slegs deur te vertrou dat Jesus jou van sonde kan verlos. Hierdie gebed is slegs ‘n manier om aan God jou vertroue te toon en Hom te bedank dat Hy aan jou die Ewige Lewe skenk. “Here, Ek weet ek het teen U gesondig en verdien straf. Maar Jesus Christus het die straf wat ek verdien, op Homself geneem. Sodat ek deur geloof in Hom, vergewe kan word. Ek draai weg van my sonde en plaas my vertroue in U vir my verlossing. Ek aanvaar Jesus as my persoonlike Verlosser! Dankie vir u wonderlike genade en vergifnis – Dankie vir die geskenk van Ewige Lewe! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om Jesus as jou persoonlike Verlosser te aanvaar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries