settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Romeinse Weg tot God se Vryspraak?

Antwoord


Die Romeinse weg tot vryspraak is ’n manier om die boodskap van verlossing te deel deur teksverse in die Bybelse boek Romeine, te gebruik. Dit is ’n eenvoudige, maar kragtige manier om te verduidelik hoekom dit nodig is dat die mens van sonde vrygespreek moet word, hoe ons vryspraak kan verkry en wat die gevolg van vryspraak is.

Die eerste vers wat betrekking het op die Romeinse weg tot vryspraak is naamlik Romeine 3:23, “Ons is almal sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie.” Ons het almal gesondig. Almal het dinge gedoen wat God ongelukkig maak. Niemand is onskuldig nie. In Romeine 3:10-18 is ’n baie duidelike beskrywing van sonde in ons lewens. In die volgende Skrif verwysing op die Romeinse weg tot vryspraak leer ons van die gevolge van sonde, Romeine 6:23: “Ek sê weer: as mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo.” Die straf vir ons sonde is die dood – nie net fisiese dood nie, maar ewige dood!

Die derde vers wat betrekking het die Romeinse weg tot vryspraak begin waar Romeine 6:23 eindig, “ God gee egter aan ons die ewige lewe verniet.” Romeine 5:8 verklaar: “Maar God is heeltemal anders as ons. Hy wys hoe lief Hy ons het deurdat Jesus in ons plek doodgegaan het toe ons almal nog ’n spul sondaars was.” Jesus het in ons plek gesterf! Deur Jesus se dood is ons sondeskuld betaal. Jesus se opstanding is ’n bewys dat God Jesus se dood aanvaar het as betaling vir ons sonde.

Die vierde stop onderweg na die Romeinse weg tot vryspraak is Romeine 10:9, “Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan.” Omdat Jesus in ons plek gesterf het, moet ons net in Hom glo en glo dat sy dood betaling vir ons sondeskuld is – dan sal ons verlossing ontvang! Romeine 10:13 sê weereens: “Elkeen wat uitroep: ‘Here, help my!’ sal gered word, maak nie saak wie hy is nie.” Jesus het, deur sy dood, ons almal se sondeskuld vereffen en ons verlos van die ewige dood. Vryspraak, die vergewing van sonde, is vir almal wat in Jesus Christus as hulle Here en Verlosser glo, beskikbaar.

Die laaste aspek van die Romeinse weg tot vryspraak is die gevolg van vryspraak. Romeine 5:1 het die volgende wonderlike boodskap, “Omdat ons nou glo, is daar nou vrede tussen God en ons.” Deur Jesus Christus kan ons ’n verhouding van vrede met God hê. Romeine 8:1 vertel, “Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort.” Omdat Jesus in ons plek gesterf het, sal ons nooit veroordeel word as gevolg van ons sonde nie. In Romeine 8: 38-39 is dié kosbare belofte van God:

“Daarom is ek heeltemal seker dat niks wat met ons gebeur ons ooit van God se liefde kan skei nie. Nie eens die dood of enigiets in hierdie lewe nie. Ook nie slegte engele of ander bonatuurlike magte nie. Ook nie iets wat dalk vandag of môre met ons kan gebeur nie. Ook nie enige buitengewone kragte nie. Selfs nie die hoogste berg of die diepste see hier op aarde nie. Letterlik niks in hierdie skepping kan ons ooit van God se liefde skei nie. Hy het vir ons kom wys hoe lief Hy ons het toe ons Here, Christus Jesus, in ons plek doodgegaan het.”

Wil jy graag die Romeinse weg tot vryspraak volg? Indien wel, kan jy die volgende gebed tot God bid. Hierdie gebed is ’n manier om vir God te sê dat jy op Jesus Christus vertrou om jou te verlos. Hierdie woorde alleen sal jou nie red nie – slegs geloof in Jesus Christus kan lei tot verlossing, “Here, ek weet dat ek teen U gesondig het en dat ek verdien om gestraf te word. Maar Jesus Christus het die straf wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek, deur geloof in Hom, vergewe mag word. Ek los nou my sondige lewe en glo dat U my sal red. Dankie vir U wonderlike Genade en die beloning van die Ewige Lewe! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Romeinse Weg tot God se Vryspraak?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries