settings icon
share icon
Vraag

Verwag God van Christene om die Sabbat te onderhou?

Antwoord


In Kol 2:16-17 verklaar die apostel Paulus, “Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die Sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus.” Rom 14:5 stel dit so, “Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ‘n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.” Hierdie Skrifgedeeltes maak dit duidelik dat Sabbatsonderhouding vir die Christen ‘n saak van geestelike vryheid is, nie ‘n opdrag van God nie. Sabbatsonderhouding is ‘n saak waaroor God se Woord ons leer om nie mekaar te oordeel nie. Dit is iets waarvan elke Christen ten volle in sy/haar verstand oortuig moet wees.

In die eerste hoofstukke van Handelinge was die eerste Christene hoofsaaklik Jode. Toe die Heidenedie geskenk van redding deur Jesus Christus begin ontvang, het die Joodse Christene ‘n dilemma beleef. Watter aspekte van die Mosaiëse Wet en Joodse tradisie moes die Heiden Christene beveel word om te onderhou? Die apostels het bymekaar gekom en die saak in Jerusalem bespreek (Hand 15). Die besluit was, “ Daarom meen ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat hulle tot God bekeer nie. Maar ons moet vir hulle skrywe om nie vleis te eet wat aan ‘n afgod geoffer is nie, want dit is onrein; dat hul onsedelikheid moet vermy, geen dier wat verwurg is, moet eet nie en ook nie bloed nie” (Hand 15:19-20). Om die Sabbat te hou was nie een van die gebooie wat die apostels gevoel het, nodig was om op die Heidense gelowiges af te forseer nie. Dit is ondenkbaar dat die apostels sou nalaat om Sabbatsonderhouding in te sluit, as dit God se opdrag aan Christene was om die Sabbat te hou.

‘n Algemene fout in die debat oor die Sabbat is die konsep dat dit ‘n dag van aanbidding was. Groepe soos die Sewende Dag Adventiste hou daarby dat God vereis dat die kerkdiens op Saterdag, die Sabbatdag, gehou moet word. Dit is nie wat die Sabbatsgebod se opdrag was nie, maar wel om geen werk te doen nie (Eks 20:8-11). Nêrens in die Skrif is daar die opdrag dat die Sabbatdag die dag van aanbidding moet wees nie. Ja, Jode in die Ou Testament, Nuwe Testament en modern tye gebruik Saterdag as aanbiddingsdag, maar dit is nie die kern van die Sabbatsgebod nie. In Handelinge, wanneer ‘n byeenkoms gehou is op die Sabbat, is dit ‘n byeenkoms van die Jode, nie Christene nie.

Wanneer het die vroeë Christene bymekaar gekom? Hand 2:46-47 gee die antwoord, “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.” As daar ‘n dag was wat die Christene gereeld ontmoet het, was dit die eerste dag van die week (ons Sondag), nie die Sabbatdag (ons Saterdag) nie (Hand 20:7; 1 Kor 16:2). In eerbetoon aan Christus se opstanding op Sondag, het die vroeë Christene Sondag nie as die “Christen-Sabbat” gehou nie, maar as ‘n spesiale dag van aanbidding ter ere van Jesus Christus.

Is daar enigiets verkeerd om op Saterdag te aanbid, die Joodse Sabbat? Absoluut nie! Ons moet God elke dag aanbid, nie net op Saterdag of Sondag nie! Baie kerke het beide Saterdag en Sondag dienste. Daar is vryheid in Christus (Rom 8:21; 2 Kor 3:17; Gal 5:1). Behoort ‘n Christen wat Sabbat onderhou, nie op Saterdae te werk nie? Indien ‘n Christen gelei voel om dit so te doen, absoluut, ja (Rom 14:5). Tog moet diegene wat die Sabbat onderhou, nie diegene veroordeel wat dit nie doen nie (Kol 2:16). Verder, diegene wat nie die Sabbat onderhou nie, moenie ‘n struikelblok vir hulle wees wat dit wel hou nie (1 Kor 8:9). Gal 5:13-15 som dit so op: “Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verwag God van Christene om die Sabbat te onderhou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries