settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Swoon Teorie? Het Jesus die kruisiging oorleef?

Antwoord


Die Swoon Teorie is die oortuiging dat jesus nie regtig dood is by Sy kruisiging nie, maar net bewusteloos was toe Hy in die graf gelê is en Hy daar weer Sy bewussyn herstel het. Gevolglik was Sy verskynings na drie dae in die graf grotendeels gesien as opstandingsverskynsels. Daar is verskeie redes hoekom hierdie teorie ongeldig is en kan maklik as vals bewys word en daar was ten minste drie verskillende persone of groepe betrokke in Jesus se kruisiging, wat almal tevrede was rakende Sy dood aan die kruis. Hulle is die Romeinse wagte, Pilatus en die Sanhedrin.

Die Romeinse Wagte – Daar was twee aparte groepe wat die taak gegee was om seker te maak dat Jesus wel dood is: die laksmanne en die grafbewakers. Die soldate in beheer van die teregstelling was spesialiste in die hoogste straf en kruisiging was een van die brutaalste vorms in die geskiedenis. Jesus was aan ‘n kruis vasgespyker na Hy die ergste slae deurgemaak het deur hierdie professionele laksmanne en elke persoon wat deur kruisiging doodgemaak is, is deur hierdie soldate se hande mishandel. Hul taak was om te verseker dat die teregstelling voltooi was. Jesus kon nie die kruis oorleef het nie en hierdie soldate het seker gemaak dat Jesus dood was voordat Sy liggaam toegelaat was om van die kruis verwyder te kon word. Hul was heeltemal tevrede dat Jesus werklik dood was. Die tweede groep soldate moes die graf van Jesus oppas, as gevolg van die versoek van Pilatus deur die Sanhedrin. Matt 27:62-66 vertel ons, “Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: ‘Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal Ek uit die dood opgewek word.’” Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat Sy dissipels Hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel, ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. “Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle ‘n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.”Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.” Hierdie wagte het seker gemaak dat die graf beveilig was en hul lewens was op die spel hoe hulle dit sou doen. Slegs die opstanding van die Seun van God het hulle van hul taak se sukses weerhou.

Pilatus – Hy het die opdrag gegee vir Jesus se kruisiging en en het hierdie taak toevertrou aan ‘n Romeinse hoofman oor 100, ‘n betroubare en beproefde persoon. Na die kruisiging het Josef van Arimatea gevra vir Jesus se liggaam, om dit sodoende in ‘n graf te plaas. Slegs nadat die hoofman oor 100 die dood van Jesus bevestig het, het Pilatus die liggaam in Josef se sorg oorgegee. Mark 15:42-45: “Dit was Vrydag, dit is die dag voor die Sabbatdag en dit was al die middag laat. Josef van Arimatea, ‘n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Paulus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra. Pilatus was verbaas om te hoor dat Hy al dood is. Hy het die offisier laat roep en hom gevra of Jesus lankal gesterwe het. Toe hy van die offisier verneem dat dit wel so is, het hy die lyk vir Josef gegee.” Pilatus was heeltemal tevrede dat Jesus werklik dood was.

Die Sanhedrin – dit was die bestuursraad van die Joodse mense en hul het versoek dat die liggame van die gekruisigdes, insluitende Jesus, van die kruis afgehaal moes word ná hul dood, as gevolg van die Sabbatdag. Joh 19:31-37: “Dit was Vrydag en die Jode wou nie hê dat die liggame op die Sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie Sabbatdag was ‘n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie. Maar een van die soldate het met ‘n spies in Sy sy gesteek en daar het dadelik bloed en water uitgekom. Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook kan glo. Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: ‘Geen been van Hom sal gebreek word nie’. En verder sê die Skrif op ‘n ander plek: ‘Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.’” Hierdie Jode wat beveel het dat Jesus gekruisig moes word, het selfs só ver gegaan as om ‘n volksopstand voor te stel dat Hy nie gekruisig was nie, en sou dus nooit so ver gegaan het om toe te laat dat Jesus se liggaam van die kruis afgehaal kon word, sou Hy nie dood gewees het nie. Hierdie manne was ten volle tevrede dat Jesus waarlik dood was.

Daar is ander getuienis dat die Swoon Teorie ongeldig is, soos die toestand van Jesus se liggaam na die opstanding. By elke verskyning was Jesus se liggaam in ‘n verheerlikte staat en die enigste merke wat oorgebly het as bewys van Sy kruisiging was die spykermerke wat Hy gevra het dat Tomas moes aanraak as bewys van Wie Hy was. Enigeen wat ervaar het wat Jesus moes deurmaak, sou maande se fisiese herstel benodig. Jesus se liggaam het slegs die merke van die spykers in Sy hande en voete gedra. Die manier waarop Jesus se liggaam voorberei was na die kruisiging is verdere getuienis om die teorie te weerlê. Sou Jesus slegs bewusteloos wees, sou dit onmoontlik wees vir Hom om uit die linnelappe te ontsnap as ‘n gewone mens. Die manier waarop die vroue na Jesus se liggaam omgesien het, is verdere bewys van sy dood. Hulle het op die eerste dag van die week na die graf toe gegaan om Sy liggaam te salf met balsemsalwe, omdat hul min tyd gehad het om Sy liggaam voor te berei voor die begin van die Sabbat. Sou Jesus slegs bewusteloos wees, soos die Teorie dit stel, sou die vroue medisinale hulpmiddels saam geneem het om Hom weer te help om Sy bewussyn te herwin.

Die doel vir die Swoon Teorie is nie om Jesus se dood te betwis nie, maar dit soek antwoorde om Sy opstanding te weerlê. Indien Jesus nie opgestaan het nie, dan is Hy nie God nie. As Jesus weklik gesterf het en uit die dood opgestaan het, bewys Sy opstandingskrag dat Hy die Seun van God is. Die getuienis vereis die uitspraak: Jesus het waarlik aan die kruis gesterf en Jesus het waarlik uit die graf opgestaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Swoon Teorie? Het Jesus die kruisiging oorleef?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries