settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Toronto Seën?

Antwoord


Die Toronto Seën is ‘n veronderstelde uitstoring van die Heilige Gees op die mense van die Toronto Airport Christian Fellowship Church , voorheen die Toronto Airport Vineyard Church. Op 20 Januarie 1994, het ‘n Pinkster-pastoor met die naam Randy Clark, gepraat by die kerk en sy getuienis gegee van hoe hy “dronk” geraak het in die Gees en onbeheersd begin lag het. In antwoord op hierdie getuienis het die gemeente uitgebars in pandemonium van menslike optredes: laggende, grommende, dansende, bewende, blaffendes soos honde en selfs vasgevang in posisies van verlamming. Hierdie gebeure was toegeskryf aan die Heilige Gees wat mense se liggame binnegegaan het. Die pastoor van die kerk, John Arnott, het daarna verwys as ‘n “groot Heilige Gees partytjie.” Die naam “Toronto Blessing” is gegee en die kerk was spoedig in die internasionale kalklig.

Wanneer hierdie “blessing” in die lig van die Skrif gesien word, kan dit egter kwalik so genoem word. Absoluut nêrens in die Skrif kan daar iets soortgelyks gevind word soos wat by die Toronto Airport Church gebeur het nie. Die naaste wat die Skrif daaraan kom om die Toronto Blessing se gedrag te bepaal, is die gedokumenteerde gevolge van demoniese besetting soos in Mark 9:18 beskryf word.

Die Toronto Airport Church het bekend geword vir sy gemeentelede se emosionele uitbarstings en afstootlike sielkundige vertonings. Pastoor Arnott het begin om feitlik eksklusief te fokus op “the party of the Holy Spirit.” Ondervindings was hoër in aansien as die Skrif. Dit was selfs té veel vir die uiterste charismatiese Vineyard Movement, wat bande verbreek het met hul Toronto Airport Church in 1995, wat aanleiding gegee het tot die naam Toronto Airport Christian Fellowship.

‘n Gelowige se fokus moet Jesus Christus wees, “die Begin en Voleinder van die geloof” (Hebr 12:2), nie op jouself nie, jou ondervindings nie of selfs die Heilige Gees nie. Die Toronto Blessing fokus op die laaste, tot nadeel van bybelse geloof. Gelowiges kan geniet, dans, sing en selfs uitroep na die Here. Wanneer ‘n aanbiddingsdiens egter ‘n vryelike vlaag van aanvalle word, stuiptrekkings en onbeheerste uitbarstings – alles toegeskryf aan die Heilige Gees – is iets verkeerd. Die kerk moet gekenmerk word deur die aanhang van God se Woord (2 Tim 3:16), blydskap (Fil 4:4) en “inskiklikheid teenoor alle mense” (Fil 4:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Toronto Seën?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries