settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om 'n wedergebore Christen te wees?

Antwoord


Wat beteken dit om 'n wedergebore Christen te wees? Die Bybel gee vir ons 'n antwoord op hierdie vraag in Johannes 3:1-21. Die Here Jesus Christus praat met Nikodémus, 'n belangrike Fariseër en 'n lid van die Sanhedrin ('n owerste van die Jode). Nikodémus het in die nag na Jesus toe gekom. Nikodémus het vrae gehad vir Jesus.

In sy gesprek met Nikodémus sê Jesus, “...Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.” (Johannes 3:3-7).

Die term “wedergebore” beteken letterlik “geboorte van bo”. Nikodémus het werklik ‘n behoefte gehad. Hy het ‘n hartsverandering nodig gehad—‘n geestelike transformasie. Die nuwe geboorte, om wedergebore te word, is ‘n Godsdaad waar die persoon wat glo die ewige lewe geskenk word (2 Korinthiërs 5:17; Titus 3:5; 1 Petrus 1:3; 1 Johannes 2:29; 3:9; 4:7; 5:1-4, 18). In Johannes 1:12,13 lees ons dat wedergeboorte ook beteken dat ons kinders van God word deur te glo in die naam van Jesus Christus.

Die logiese vraag is dan, “Hoekom is dit nodig dat iemand weer gebore moet word?” Die Apostel Paulus sê in Efesiërs 2:1, “En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes…” Hy sê aan die Romeine in Romeine 3:23, “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God...” Dus moet ‘n persoon weer gebore word sodat die sondelas van hul afgewas kan word en hulle ‘n verhouding met God kan hê.

Hoe gebeur dit? Efesiërs 2:8-9 sê, “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” Wanneer iemand “gered” word, word hy/sy weer gebore, geestelik hernu en is van dan af, deur die nuwe geboortereg, ‘n kind van God. Om “wedergebore” te word, is om op Jesus Christus te vertrou, die Een wat die losprys vir die sondelas betaal het toe Hy aan die kruis gesterf het. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Korinthiërs 5:17).

As jy nog nooit jou vertroue in die Here Jesus Christus geplaas het as jou Verlosser nie, sal jy die Heilige Gees se klop aan die deur van jou hart oorweeg? Jy het nodig om weer gebore te word. Sal jy die gebed van belydenis vandag bid en 'n nuwe skepsel in Christus word? “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.” (Johannes 1:12-13).

As jy Jesus Christus as jou Verlosser wil aanneem en wedergebore wil word, bied ons jou 'n voorbeeld van 'n gebed hieronder. Onthou, om hierdie gebed of enige ander gebed te bid kan jou nie red nie. Slegs vertroue op Jesus Christus kan jou red van sonde. Hierdie gebed is slegs 'n manier om vir God te sê dat jy in Hom glo en om vir Hom dankie te sê dat Hy voorsiening gemaak het vir jou redding. “Here, ek weet ek het teen U gesondig en dat ek U straf daarvoor verdien. Maar Jesus Christus het hierdie straf, wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek deur geloof in Hom vergewe mag word. Ek plaas my vertroue op U vir my redding. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis en die gawe van die ewige lewe! Amen!”

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om 'n wedergebore Christen te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries