settings icon
share icon
Vraag

Is die Word of Faith beweging bybels?

Antwoord


Word of Faith se onderrig is beslis onbybels. Dit is nie ‘n denominasie nie en dit het geen formele organisasie of hiërargie nie. In plaas daarvan is dit ‘n beweging wat hewig beïnvloed word deur ‘n aantal hoë-profielpastore en leraars soos Kenneth Hagin, Benny Hinn, Kenneth Copeland, Paul en Jan Crouch en Fred Price.

Die Word of Faith beweging het gegroei uit die Pinksterbeweging in die laat 20ste eeu. Die stigter was E.W. Kenyon, wat die metafisiese New Thought leerstellings van Phineas Quimby bestudeer het. Verstandswetenskap (waar “name it and claim it” ontstaan het) was gekombineer met Pentakostalisme, wat uitgeloop het in ‘n eienaardige mengsel van ortodokse Christelikheid en mistisisme. Kenneth Hagin het op sy beurt gestudeer onder E.W. Kenyon en het die Word of Faith beweging gemaak wat dit vandag is. Alhoewel individuele leerstellinge voorkom van heeltemal ketters tot totale belaglikheid, wat volg, is die basiese teologie wat die meeste leraars van Word of Faith hulself mee rig.

Die kern van die Word of Faith beweging is die oortuiging in die “force of faith.” Daar word geglo dat woorde gebruik kan word om die geloofskrag te manipuleer en sodoende eintlik te skep wat die spreker glo wat die Skrif beloof (health and wealth). Wette veronderstel om die geloofskrag te regeer en word gesê om onafhanklik van God se soewereine wil te werk en dat God Homself, ondergeskik is ten opsigte van hierdie wette. Dit is niks ander as afgodery nie, deur ons geloof om te draai – en deur onsself te verhoog – in ‘n god.

Hiervandaan strek die teologie net verder en verder weg van die Skrif af: dit verkondig dat God die mens geskep het na Sy letterlike, fisiese beeld as klein gode. Voor die val, het mense die potensiaal gehad om dinge in bestaan te roep deur geloofskrag te gebruik. Om die situasie reg te stel, het Jesus Christus Sy godheid opgegee en ‘n mens geword, geestelik gesterf, Satan se natuur op Homself geneem, hel toe gegaan, was weergebore en het uit die dood opgestaan met die natuur van God. Hierna het Jesus die Heilige Gees gestuur om die inkarnasie te herhaal in gelowiges, sodat hul klein gode kon word soos God dit oorspronklik bedoel het.

Deur die natuurlike vooruitgang van hierdie leringe te volg, het ons as klein gode die vermoë om die geloofskrag te manipuleer en voorspoedig in alle areas van ons lewens te raak. Siekte, sonde en mislukking is die resultaat van ‘n tekort aan geloof en word genees deur te bely – deur God se beloftes vir onsself toe te eien. Om dit eenvoudig te stel, die Word of Faith beweging verhoog die mens tot godstatus en verminder God tot mensstatus. Onnodig om te sê, dit is ‘n valse voorstelling van waaroor Christenskap gaan. Dis voor die handliggend dat Word of Faith nie in ag neem wat in die Skrif gevind word nie. Persoonlike openbaring, nie die Skrif, word groot op gesteun, om sodoende met sulke absurde oortuigings na vore te kom, wat net nog ‘n bewys is van die ketterse natuur.

Om in te druis teen die Word of Faith se lering is ‘n eenvoudige manier om die Bybel te lees. God alleen is soewerein en die Soewereine Skepper van die heelal (Gen 1:3; 1 Tim 6:15) en het nie geloof nodig nie – Hy is die objek van geloof (Mark 11:22; Hebr 11:3). God is Gees en het nie ‘n fisiese liggaam nie (Joh 4:24). Die mens is na die beeld van God geskape (Gen 1:26, 27; 9:6), maar dit maak Hom nie ‘n klein god of goddelik nie. Net God het ‘n goddelike natuur (Gal 4:8; Jes 1:6-11, 4:10, 44:6; Eseg 28:2; Ps 8:6-8). Christus is Ewig, die Eniggebore Seun van God en die enigste inkarnasie van God (Joh 1:1, 2, 14, 15, 18; 3:16; 1Joh 4:1). In Hom is die volheid van die Godheid beliggaam (Kol 2:9). Deur ‘n mens te word, het Jesus die heerlikheid van die hemel opgegee, maar nie Sy goddelikheid nie (Fil 2:6-7), alhoewel Hy gekies het om Sy mag terug te hou, terwyl Hy op aarde as mens beweeg het.

Die Word of Faith beweging mislei tallose mense, en maak dat hul gryp na ‘n manier van lewe en geloof wat nie bybels is nie. Die kern daarvan is dat dit dieselfde leuen is wat Satan vertel, sedert die Tuin van Eden: “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” (Gen 3:5). Dis hartseer dat hulle wat Word of Faith se doktrine aanvaar, steeds na Satan luister. Ons hoop is in die Here, nie in ons eie woorde nie, selfs nie in ons eie geloof nie (Ps 33:20-22). Ons geloof kom van God in die eerste plek (Ef 2:8; Hebr 12:2) en is nie iets wat ons vir onsself skep nie. Dus, wees op jul hoede vir die Word of Faith beweging en enige kerk wat homself daarmee bemoei of die leerstellinge van Word of Faith aanhang.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Word of Faith beweging bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries