settings icon
share icon
Vraag

Is dit bybels om die bloed van Jesus te pleit?

Antwoord


“Om die bloed van Jesus te pleit” in gebed is algemene lering in Pinkster- en Charismatiese kringe. As mense praat van “pleit die bloed van Jesus in gebed,” verwys hulle na die praktyk om aanspraak te maak op die krag van Christus oor enige en elke probleem deur dié frase te gebruik. Mense vul die blanko spasie in met wat hulle ookal wil hê: “Ek pleit die bloed van Jesus oor my familie/werk/gedagtes/siekte.”

“Om die bloed van Jesus te pleit” het geen duidelike grond in die Skrif nie. Niemand in die Bybel “pleit die bloed” van Christus nie. Diegene wat “die bloed pleit” op gereelde wyse, doen dit asof daar iets magies in daardie woorde is of om dit in gebed te gebruik, is nog meer kragtig. Hierdie lering is gebore vanuit ‘n misleidende siening dat gebed ‘n manier is om God te manipuleer om te kry wat ons wil hê, eerder as om te bid dat Sy wil moet geskied. Die hele “Word of Faith” beweging, wat leer om die bloed te pleit, is gebaseer op die vals lering dat geloof ‘n krag is en dat, as ons met genoeg geloof bid, God ons gesondheid, welstand en geluk waarborg.

Hulle wat die waarde van pleit die bloed van Jesus verkondig, verwys gewoonlik na die Paasfees as steun vir hul praktyk. (Dit is baie algemeen vir Pentakostalisme om hul doktrines op Ou Testamentiese voorbeelde te baseer.) Netsoos die bloed van die Paaslam die Israeliete beskerm het van die doodsengel en hulle gelei het, vrygemaak van slawerny, so kan die bloed van Jesus beskerm en Christene vandag nog vrymaak, as hulle die bloed aanwend of “pleit.”

Hulle wat dikwels die bloed van Jesus pleit, doen dit in die konteks van oorwinning te soek oor demone. Dit is ‘n manier om die outoriteit van Christus oor die geesteswêreld op te neem en aan die magte van die duisternis te verkondig dat hulle kragteloos is. Sommige baseer hierdie aspek van die bloed op Openbaring 12:11, “Hulle het self die oorwinning oor hom (Satan) behaal, danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het.”

Weereens, daar is geen voorbeeld in die Bybel van enigeen wat “die bloed pleit” nie en dus is dit nie bybels nie. Die frase “die bloed van Christus” in die Nuwe Testament word dikwels gebruik as ‘n metonimia (oornoeming), beteken dan “die dood van Christus.” Die bloed/dood van Christus vergewe ons sondes, versoen ons met God,waarborg ons erfenis in die hemel, ens. Moet ‘n Christen bewus wees van alles wat die bloed/dood van Christus vir ons behaal het? Absoluut. Moet ‘n gelowige dankbaar wees vir die bloed/dood van Christus? Vir seker en om daardie dank uit te spreek, is goed. Moet ‘n gelowige God herinner aan die bloed/dood van Christus elke keer as hy bid? Nie volgens die Bybel nie. Gee die woorde “Ek pleit die bloed van Jesus” aan ons gebede ‘n ekstra hupstoot? Nee, dit is meer bygelowigheid as bybelse gebed. Om die bloed van Christus te pleit, is nie nodig om Satan te verslaan nie. Hy is reeds verslaan en as ons wedergebore is, het Satan geen mag oor ons, anders as wat God toelaat vir Sy doel en glorie nie. Ons is reeds “vrygemaak” (verlede tyd) van die mag van duisternis en “oorgelewer” (verlede tyd) in die koninkryk van God se Seun (Kol 1:13). Geen nodigheid om die bloed aanhoudend te pleit nie.

Eerder deur die “bloed te pleit” van Christus vir beskerming of krag, moet Christene die opdrag in Jak 4:7 gehoorsaam, “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” Die Bybel gee ons menigvuldige opdragte om oorwinnend in Christus te lewe en om die bloed van Jesus te pleit, is nie een van hulle nie. Ons is gereinig deur die bloed van Christus en nou is Hy ons Hoëpriester en Middelaar wat “lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree” (Heb 7:25). As Sy skape is ons reeds onder Sy beskerming; ons moet eenvoudig daagliks lewe deur op Hom te vertrou vir wat Hy reeds belowe en voorsien het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit bybels om die bloed van Jesus te pleit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries