settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat mens na die ewebeeld van God geskape is?

Antwoord


Op die laaste dag van skepping het God gesê,“Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld” (Genesis 1:26). Dus het God sy werk afgesluit met ‘n persoonlike uitbeelding. God het man uit stof gevorm en lewe gegee deur Sy eie asem (Genesis 2:7). Daarom is mens uniek in vergelyking met al God se skeppings, en mens besit beide ‘n fisiese liggaam en ‘n geestelike siel/gees.

Om beide die “beeld” en die “gedaante” van God te hê beteken dit in eenvoudige terme dat ons geskape is om na God te aard. Adam het nie na God geaard in die sin van flees en bloed nie. Skrif vetel ons dat “God Gees” is (Johannes 4:23) en daarom bestaan Hy sonder ‘n liggaam. Ons moet ook nie dink dat Adam se liggaam, die wese van God weerspiël omrede hy (Adam) geskape is met perfekte gesondheid en die feit dat hy nie onderworpe aan die dood was nie.

Die beeld van God verwys na die nie-fisiese deel van mens. Dit is juis hierdie feit wat mens onderskei van die diere reik en dit was ook God se Wil dat Hy mens geskape het om oor die aarde te heers. (Genesis 1:28) Hierdie is ook die rede hoekom mens met God kan kommunikeer. Die ewebeeld is geestelik (denkwyse), moreel en sosiaal.

Geestelik beteken dat mens geskape is as ‘n rationele en wilskragtige agent. In ander woorde, mens kan redeneer en mens kan kies. Juis hierdie is ons weerspiëling van God se intellek en vryheid. Elke keer wanneer iemand ‘n iets ontdek of uitvind, of ‘n boek skryf, of iets skilder, of iets bereken of selfs ‘n naam toeken weerspieel dit die beeld van God.

Moreel beteken dat mens geskape was in regverdigheid en perfekte onskuld, ‘n weerspiëling van God se Heiligheid. God het alles wat Hy geskape het (ook die mens) gesien as “goed” (Genesis 1:31). Ons gewete of morele kompas is die teken van ons oorspronklike wese. Wanneer iemand ‘n wet skryf, of wegdraai van euwel, of waardering toon aan goeie gedrag, of selfs skuldig, voel word God se “beeld” in ons uitgebeeld.

Sosiaal beteken dat mens geskape is vir broederskap. Dit weerspiëel God se drie enige natuur en Sy liefde. In die Paradys was mense se verhoudig met God direk (Genesis 3:8 sinspeel of verwys na ‘n verhouding met God) maar God het ook die eerste vrou geskape sodat man nie alleen sou wees nie (Genesis 2:18). Elke keer as iemand trou, ‘n drukkie gee vir iemand, kerk bywoon, wys dit juis dat ons in God se ewebeeld geskape is.

Adam het die vermoë gehad om keuses te maak omdat hy na God se ewebeeld geskape was. Alhoewel Adam ‘n regverdige natuur gehad het, het hy teen sy Skepper gedraai. Adam het daardeur sy ewebeeld met God geskend en sodoende ook almal na hom se ewebeeld beskadig (Romeine 5:12). Vandag dra ons nog die beeld van God (Jakobus 3:9) maar daar is wel letsels van sonde. Deur hierdie sonde word ons geestelike, morele en sosiale lewens beinvloed.

Die goeie nuus is dat wanneer God iemand verlos word sy ewebeeld herstel, en herskep Hy ons nuut “in ‘n lewe volkome volgens die wil van God” (Effesiërs 4:24). Verlossing is slegs beskikbaar deur God se genade deur geloof in Jesus Christus as die Verlosser van sondes wat ons in die eerste plek van God geskei het (Effesiërs 2:8-9). Deur Christus word ons herstel en nuut gemaak in die ewebeeld van God (2 Korintiërs 5:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat mens na die ewebeeld van God geskape is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries