settings icon
share icon
Vraag

Wat is die gruwel van verwoesting?

Antwoord


Die gedeelte “gruwel van verwoesting” verwys na Matt 24:15: Wanneer julle ooreenkomstig die word van die profeet Daniël die ding wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan - wie dit lees, moet dit goed begryp.” Dan 9:27, “Dié regeerder sal vir een tydperk ‘n vaste ooreenkoms aangaan met die vooraanstaandes en teen die helfte van dié tydperk sal hy die diereoffers en die graanoffers afskaf. Hy sal op die een hoek van die tempel ‘n ding sit wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig en dit sal daar staan tot alles verby is. Dan sal oor dié regeerder wat soveel verwoesting aangerig het, losbars wat oor hom besluit is.” In 167 vC het ‘n Griekse regeerder met die naam van Antiochus Epiphanies ‘n altaar vir Zeus bo-oor die altaar, wat gebruik word om offerandes te verbrand, in die Joodse tempel in Jerusalem gesit. Hy het ook ‘n vark daar op die altaar in die tempel in Jerusalem geoffer. Hierdie gebeurtenis is bekend as die gruwel van verwoesting.

In Matt 24:15 het Jesus ongeveer 200 jaar na die gruwel van verwoesting beskryf wat toe reeds gebeur het. Dus moes Jesus geprofeteer het, dat iewers in die toekoms ‘n ander gruwel van verwoesting in die Joodse tempel in Jerusalem sou plaasvind. Die meeste Bybelse profetiese verklaarders glo dat Jesus hier na die Antichris verwys, wat bykans dieselfde as Antiochus Epiphanies gaan doen. Antiochus het nie ‘n verbond van 7 jaar met Israel bevestig nie. Dit is die Antichris wat in die eindtye ‘n verbond met Israel vir 7 jaar sal oprig en dit dan verbreek deur iets soortgelyks as die gruwel wat verwoesting saai, te laat gebeur in die Joodse tempel in Jerusalem.

Wat ook die toekomstige gruwel van verwoesting gaan wees, sal dit by niemand twyfel laat, dat die een wat dit sal aanrig, die Antichris sal wees. Openbaring 13:14 beskryf hom as een of ander beeld wat almal sal forseer om hom te aanbid. Deur die tempel van die lewende God te verander in ‘n aanbiddingsplek vir die Antichris, is waarlik ‘n gruwel. Diegene wat nog lewe gedurende die groot verdrukking moet op die uitkyk wees en hierdie gebeurtenis aan die begin van die drie en ‘n half jaar van die ergste verdrukkingsperiode herken en besef dat die wederkoms van die Here Jesus ophande is. “Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” ( Lukas 21:36)

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die gruwel van verwoesting?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries