settings icon
share icon
Vraag

‘n Huwelik wat hou – wat is die geheim?

Antwoord


Die Apostel Paulus vertel ons dat die vrou “gebind” is aan haar man vir solank as wat hy lewe (Romeine 7:2). Die beginsel is dat, of die man of die vrou, dood moet gaan alvorens die huwelik ontbind. Hierdie is ook God se opdrag, maar in die hedendaagse moderne wereld is egskeiding alreeds meer as 51%. Dit beteken dan helfte van die paartjies wat belowe het “solank as wat ons lewe” hierdie belofte verbreek het.

Wat kan ‘n getroude paartjie doen om hulle huwelik te bewaar? Die eerste en mees belangrikste aspek is om onderdanig te wees aan God en Sy Woord (Bybel). Dit is ‘n beginsel wat voor die troue al in plek moet wees. God sê, “Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?” (Amos 33). Vir die wedergebore Christen beteken dit om nie ‘n noue verhouding aan te knoop met iemand wat nie ‘n gelowige is nie. “Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?” (2 Korintiërs 6:14). Indien hierdie beginsel gevolg word sal dit sekerlik baie hartseer en lyding verhoed.

Nog ‘n beginsel wat die huwelik sal beskerm is dat die man God onderdanig en gehoorsaam moet wees, hy moet ook sy vrou lief te hê, haar respekteer en beskerm soos sy eie liggaam (Efesiërs 5:25-31). Netso moet die vrou ook God gehoorsaam en haar self onderwerp aan haar man “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is” (Efesiërs 5:22). Die huwelik is net soos die verhouding tussen Jesus Christus en Sy kerk. Christus het Homself aan die kerk gegee, Hy het die kerk lief, Hy seën en beskerm die kerk as Sy bruid (Openbaring 19:7-9).

Toe God vir Adam en Eva in die eerste huwelik gebring het was sy gemaak van Adam se “vlees en been” (Genesis 2:21) en het hulle een vlees geword (Genesis 2:23-24). Om een vlees te wees beteken baie meer as net ‘n fisiese verbintenis. Dit beteken die verbintenis van gedagtes en siel om ‘n eenheid te vorm. Die verhouding gaan baie verder as sensuele en emosionele gevoelens en vorder tot ‘n geestelike “eenheid” wat alleenlik gevind kan word wanneer beide partye hulle aan God onderwerp het asook aan mekaar. Die verhouding konsentreer nie op “ek en my” nie maar op “ons en jou”. Die is een van die geheime wat sal lei tot ‘n suksesvolle huwelik. Om die troue te laat voort bestaan tot die dood is iets wat paartjies moet nastreef en sien as ‘n prioriteit. Vaswording in ons vertikale verhouding met God verseker ‘n blywende horisontale verhouding met ons eggenoot en bring dit eer aan God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

‘n Huwelik wat hou – wat is die geheim?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries