settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet dat ek verlief is?

Antwoord


Liefde is ‘n baie sterk emotionele gevoel. Dit motiveer en beinvloed ‘n groot gedeelte van ons lewe. Ons maak baie verskillende besluite gebaseer op hierdie spesifieke emosie van ons en sal selfs trou omrede ons voel dat ons verlief is. Hierdie kan heel moontlik die rede wees hoekom helfte van eerste huwelike op ‘n egskeiding uitloop. Die Bybel wys ons daarop dat ware liefde nie ‘n emosie is wat kom of gaan nie maar wel ‘n besluit is. Ons moet nie net die lief hê wat ons lief het nie; ons moet selfs die lief hê wat ons haat, net soos Jesus die liefde is vir die wat Hom nie lief het nie (Lukas 6:35). “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles (1 Korintiërs 13: 4-7).

Dit is maklik om op iemand verlief te raak maar daar is wel ‘n paar vrae wat gevra moet word voordat die besluit kom of dit ware liefde is of nie. Eerstens, is die persoon ‘n Christen, bedoelende het die persoon sy lewe aan Jesus toegewei? Glo hy of sy slegs op Christus vir hul saligmaking (redding)? Indien jy oorweeg on jou hart en emosies aan een persoon te gee vra jouself of jy daardie persoon bo alle ander persone sal plaas en dat julle sal sorg dat die verhouding nooit meer belangrik geag sal word as julle individuele en gesamentlike verhouding tot God nie. Die Bybel vertel ons dat indien twee persone trou dan word hulle een vlees (Genesis 2:24; Matteus 19:5).

Nog iets om te oorweeg is, of jou geliefde ‘n goeie maat en vriend sal wees. Het hy of sy alreeds God eertse in haar lewe geplaas? Sal hy of sy tyd en energie in die huwelik sit omsodoende ‘n huwelik te bou wat vir altyd sal hou? Daar is geen maatstaf wat bestaan om ware liefde te meet nie, maar dit is belangrik om te weet of ons, ons eie emosies volg of ons God se wil volg. Ware liefde is ‘n besluit, nie ‘n emosie nie. Opregte bybelse liefde is om iemand altyd lief te hê en nie net wanneer ons verlief “voel” nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet dat ek verlief is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries