settings icon
share icon
Vraag

Wat is kollektiewe verlossing?

Antwoord


Basies beteken “kollektiewe verlossing” dat, “tensy ons nie almal gered is nie, sal geeneen van ons gered word nie” of “ons as individue moet saamwerk en opoffer vir die goeie van die geheel.” ‘n Ander manier om dit te sê, is: “Ek kan nie op my eie verlos word nie. Ek moet my deel doen deur saam te werk met die groep, selfs opoffering, om te verseker dat iemand anders gered word. Dit is dan wanneer ons almal saam verlos word.” Die Skrif is egter duidelik dat verlossing ‘n proses is waardeur God individue red deur die offerande van Christus aan die kruis. Elke persoon moet individueel na Christus kom, nie kollektiewelik nie.

Kollektiewe verlossing is ook gelyksoortig aan die ekumeniese beweging, in die sin van dat baie hoofstroom Protestantse kerke gewillig is om Katolisisme, Islam, Boeddhisme, Oosterse mistieke godsdienste en die kulte aan te hang, om sodoende sosiale en morele doelwitte te bereik. Hul gedagterigting is dat, sou genoeg godvresende mense saam verenig, kan hulle die oorlog wen teen die goddelose heidendom en boosheid in samelewings wat alle moraliteitsbesef agtergelaat het. Die oortuiging is dat as alle individue saamwerk en opoffer vir dit wat algemeen goed is, sal alle euwels in die samelewing uitgewis word. Aanhangers van ekumenisme verkondig dat die kerk in ‘n heilige oorlog is om die Christelike waardes te bewaar, wat intiem geweef is in die struktuur van bybelse lering en dat ons moet uitskei met ons verskille aangaande doktrine en saamstaan om hierdie oorlog teen ‘n vervalle wêreld te voer.

Voorstanders vir ekumenisme of kollektiewe verlossing gebruik dikwels Joh 17 as hul stawing van hul teks. Hul bewering is dat Jesus vir elkeen gebid het om met mekaar oor die weg te kom, en nie te stry onder mekaar nie. Eintlik was Sy gebed slegs vir Sy dissipels – almal wat Hom ooit sou volg, tot die uitsluiting van al die ander – dat hulle ‘n algemene verbintenis sou hê, ‘n eenheid in die Gees van God, wat hoofsaaklik op Pinksterdag besef was (sien Hand 2). God het Sy algemene verbintenis onder Christene begin, toe Sy Gees op hulle gekom het en hulle gedoop is met die Gees in Christus se liggaam. Paulus het hierdie in 1 Kor 6:17 opgesom, toe hy gesê het, “Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.”

Die probleem met die konsep van kollektiewe verlossing is dat dit nêrens in die Skrif gevind word nie. Een van die sleutelkomponente van kollektiewe redding het te doen met die misleidende denke dat die kerk saam moet verenig in ‘n gesamentlike optrede om die wêreld skoon te kry van alle immoraliteit wat ons hedendaagse samelewing besmet. Tog is daar geen geval in die Nuwe Testament van óf Jesus óf enige van die apostels wat ooit gepoog het om die probleem van hul samelewing reg te kry nie, insluitende regerings. Wat hulle wel geleer het is dat ‘n mens se redding deur die evangelie van Christus op ‘n individuele vlak plaasvind, nie kollektief nie. Christus kom in die hart van die individu, klop om in te gaan en deur die krag en die beweging van die Heilige Gees, open ons die deur van ons harte vir Hom ( 1 Kor 2:12-16.; Openbaring 3:20).

Een van die mees hinderlike aspekte van die konsep van kollektiewe redding of ekumenisme is die aanspraak wat hulle maak dat ons doel is om ‘n kulturele oorlog te veg, dat ons een of ander soort menslike kragbasis is wat regerings kan beïvloed deur in groot blokke te stem of deur stemwerwery of deur organisasies te skep wat ons moraliteit in ons samelewing kan verdedig en onderskrywe. Paulus maak dit egter duidelik dat dit nie die Christen se rol is nie:, “Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei” (2 Tim 3:12-13). Ons Christelike bybelse mandaat het niks te doen met enige kollektiewe morele politiekery, organisatories of godsdienstiglik nie. Ons mandaat het alles te doen met die Groot Opdrag – om ander te roep tot individuele redding deur Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is kollektiewe verlossing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries