settings icon
share icon
Vraag

Is daar enige krag in positiewe denke?

Antwoord


Een definisie vir “positiewe denke” is “die handeling deur die hersiening van denkprosesse met die doel om areas vir verbetering te identifiseer en dan deur die gebruik van die gepaste hulpmiddele daardie gedagtes te verander in ‘n positiewe, doelgerigte manier.” Natuurlik is dit nie verkeerd om positief te dink nie. Die probleem wat saamhang met “positiewe denke,” is om te te glo dat daar ‘n soort van bonatuurlike krag daarin steek. In hierdie eeu van buitensporige valse doktrine en afgewaterde teologie, het die krag van positiewe denke uitgestaan as een van die meer populêre foute. Valse doktrines is eenders in die sin dat dit menslike idees is, wat as die waarheid voorgedoen word. Een van so ‘n menslike idee is die krag van positiewe denke.

Die idee van die krag van positiewe denke is deur dr Norman Vincent Peale populêr gemaak in sy boek “The Power of Positive Thinking (1952). Volgens Peale kan mense toekomstige uitkomste en gebeure verander deur dit in bestaan te “dink.” Die krag van positiewe denke verkondig selfvertroue en geloof in homself; dit lei op natuurlike wyse na ‘n vals geloof in die “wet van aantrekking,” soos Peale geskryf het, “When you expect the best, you release a magnetic force in your mind which by a law of attraction tends to bring the best to you.” Daar is natuurlik niks bybels aangaande jou verstand wat ‘n “magnetiese krag” uitstraal, wat goeie dinge in jou wentelbaan intrek nie. Dit is ‘n feit dat daar baie onbybelshede bestaan oor so ‘n gedagte.

In “The Power of Positive Thinking,” het Peale foutiewe godsdienstige konsepte gebruik en subjektiewe psigologiese teorieë om ‘n valse weergawe van geloof en hoop vooruit daar te stel. Sy teorie is ‘n deel van die “selfhelp” beweging waarby iemand probeer om sy eie realiteit te skep, met menslike inspanning, behoorlike geestesbeelde en wilskrag. Realiteit is egter waarheid en die waarheid word in die Bybel gevind. Mense kan nie hul eie realiteit skep deur dit te fantaseer of dit in bestaan te dink nie. Peale se teorie is vol foute, omdat hy dit nie op die waarheid gebaseer het nie.

Proponente van die krag van positiewe denke beweer dat hul navorsing die geldigheid van die teorie steun. Tog is die beliggaming van die data wyd gedebatteer. Sommige van die bevindings stel voor dat daar ‘n positiewe korrelasie tussen ‘n positiewe uitkyk en optrede is, maar dit is vergesog van positiewe denke deur ‘n uitkoms te “skep.” Die navorsing stel voor dat mense met positiewe optredes neig om ‘n hoër selfbeeld te hê en beter ondervindinge in vergelyking met mense wat pessimistiese sienings het. Aan die ander kant is daar geen substantiewe bewys om die idee te steun dat denke uitkomste kan kontroleer nie. Positiewe denke het geen inherente krag om die toekoms te verander nie.

“Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo” (Jak 1:17), nie vanaf die krag van positiewe denke nie. Die beste geskenk van alles is die inwoning van die Heilige Gees (Luk 11:13). Die Bybel sê dat die mens nie uit sy eie “goed” kan wees nie (Jes 64:6). Die enigste goed in ons kom van die regverdigheid van Jesus Christus, van toepassing gemaak op ons rekening (Ef 2:1-5; Fil 3:9). Wanneer die Heilige Gees woning in ons gemaak het, Begin Hy die proses van heiligmaking, waarin die transformatiewe krag van die Heilige Gees ons meer soos Jesus maak.

Indien ons onsself beter wil maak en positiewe veranderinge nastreef, benodig ons meer van die krag van positiewe denke. Ware geestelikheid sal altyd begin en eindig met ons verhouding met Christus. Dit is die Heilige Gees wat die sleutel tot verandering in ons lewens het, nie ons denke nie en nie ons eie pogings nie. Soos ons aktief uitroep na die Gees, sal Hy ons transformeer. Eerder om raad te gaan soek by psigiese gebabbel, skynheilige godsdienstge boeke of ‘n selfgegenereerde krag van positiewe denke, moet ons steun op wat God alreeds vir ons deur Sy Gees gegee het: “Wie ken die gedagtes van die Here” (! Kor 2:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar enige krag in positiewe denke?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries