settings icon
share icon
Vraag

Wat is liberale Christelike teologie?

Antwoord


In “liberale Christelike” lering, wat geheel en al nie Christelik is nie, is die menslike rede beklemtoon en gesien as die finale outoriteit. Liberale teoloë poog om die Christendom te versoen met sekulêre wetenskap en “moderne denke.” Deur so te doen, behandel hulle wetenskap as alleswetend en die Bybel as gelaai met fabels en vals. Die vroeë hoofstukke van Genesis is verminder na poëie of fantasie, met ‘n boodskap, maar nie om letterlik opgeneem te word nie (ten spyte van die feit dat Jesus oor daardie vroeë hoofstukke in letterlike terme gepraat het.) Die mensdom word nie gesien as heeltemal verdorwe nie en dus het liberale teoloë ‘n optimistiese siening oor die toekoms van die mensdom. Die sosiale evangelie word ook beklemtoon, terwyl die onvermoë van die gevalle mens ontken word om dit te vervul. Of ‘n persoon van sy sonde gered is en die helse straf nie meer saakmaak nie; is die hoofsaak hoe iemand sy medemens behandel. “Liefde” vir ons medemens raak die definiërende kwessie. As gevolg van hierdie redenering deur liberale teoloë, word die volgende leringe deur die liberale “quasi”-teoloë verkondig:

Die bybel is nie deur God “geïnspireer” nie en het foute. As gevolg van hierdie oortuiging, moet ‘n mens (die liberale teoloë) vasstel watter leringe is korrek en watter nie. Die geloof dat die Bybel “geïnspireer” is deur God (in daardie woord se oorspronklike betekenis) word slegs deur onnoseles gehandhaaf. Dit staan in direkte teenstelling met 2 Tim 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Die maagdelike geboorte van Christus is ‘n mitologiese vals lering. Dit staan in direkte kontras met Jes 7:14 en Lukas 2.

Jesus het nie weer uit die graf opgestaan in liggaamlike vorm nie. Hierdie kontrasteer die Opstandingsweergawes in al 4 evangelies en die totale Nuwe Testament.

Jesus was ‘n goeie morele leermeester, maar Sy volgelinge en hul volgelinge het vryhede gebruik met die geskiedenis van Sy lewe soos in die Skrif weergegee (daar was geen “bonatuurlike” wonderwerke nie) , met die evangelies wat baie jare later geskryf is en hoofsaaklik toegedig is aan die vroeë dissipels, om sodoende groter gewig toe te voeg tot hul leringe. Dit weerspreek die 2 Tim gedeelte en die doktrine van die bonatuurlike bewaring van die Skrif deur God.

Die hel is nie ‘n realiteit nie. Die mens is nie in sonde verlore en gedoem tot een of ander toekomstige oordeel sonder ‘n verhouding met Christus deur geloof nie. Die mens kan homself help; geen offerdood deur Christus is nodig nie, aangesien ‘n liefdevolle God nie mense na so ‘n plek soos die hel sou stuur nie, en aangesien die mens nie in sonde gebore is nie. Dit is in kontras met Jesus Self, wat verkondig het dat Hy die enigste Weg na God toe is, deur Sy versoeningsdood (Joh 14:6)).

Die meeste van die menslike skrywers van die Bybel is nie die mense wat hul tradisioneel veronderstel was om te wees nie: Moses het nie die eerste 5 boeke van die Bybel geskryf nie. Die boek Daniël het 2 skrywers, aangesien daar nie ‘n manier is dat die gedetaileerde “profesieë” van die latere hoofstukke vooruit geweet kon word nie; hulle moes ná die werklikheid geskryf gewees het. Dieselfde gedagte is oorgedra na die Nuwe Testamentiese boeke ook. Hierdie idees is nie slegs in kontras met die Skrif nie, maar historiese dokumente verifieer die bestaan van alle mense wat die liberales ontken.

Die belangrikste ding vir die mens om te doen, is om sy naaste “lief” te hê. Die liefhê-ding om te doen in enige situasie is nie wat die Bybel sê goed is nie, maar wat die liberale teoloë besluit wat goed is. Dit ontken die doktrine van algehele verval, wat beteken dat die mens by magte is om niks goeds en liefdevol te doen nie (Jer 17:9), totdat hy deur Christus vrygemaak is en ‘n nuwe natuur gegee is (2 Kor 5:17).

Daar is baie uitsprake van die Skrif teen hulle wat die godheid van Christus ontken (2 Pet 2:1) (wat liberale Christene doen); wat ‘n ander evangelie preek as wat deur die apostels gepreek was (Gal 1:8) (dit is wat die liberale teoloë doen deur die nodigheid van Christus se versoeningsdood te ontken en ‘n sosiale evangelie te preek in plek daarvan). Die Bybel veroordeel hulle wat goed boos noem en boos goed (Jes 5:20) (wat sommige liberale kerke doen deur homoseksualiteit te omhels as ‘n alternatiewe leefstyl, terwyl die Bybel die praktyk daarvan herhaaldelik veroordeel).

Die Skrif spreek teen hulle wat uitroep “vrede,vrede” wanneer daar geen vrede is nie (Jer 6:14) (wat liberale teoloë doen deur te sê dat die mens vrede met God kan verkry, sonder Christus se offerande aan die kruis en dat die mens nie hoef te bekommer oor ‘n toekomstige veroordeling voor God nie). Die Woord van God praat van ‘n tyd dat mense ‘n vorm van goddeloosheid sal hê, maar die krag daarvan sal ontken (2 Tim 3:5) (wat liberale teologie doen as dit sê dat daar is ‘n soort innerlike goedheid in die mens wat nie deur die Heilige Gees deur geloof in Christus weergebore hoef te word nie). En dit praat teen hulle wat afgode sou dien, in plaas van die enigste ware God (1 Kron16:26) (wat liberale Christelikheid doen as dit ‘n valse god skep volgens sy eie wense, eerder as om God te aanbid soos Hy in die hele Bybel beskryf word).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is liberale Christelike teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries