settings icon
share icon
Vraag

Masturbasie - is dit ‘n sonde volgens die Bybel?

Antwoord


Die Bybel noem of sê nooit spesifiek of masturbasie ‘n sonde is of nie. Die vraag of die spesifieke aksies wat lei tot masturbasie wel sonde is, is egter meer van belang. Masturbasie is die eindresultaat van wellustige gedagtes, seksuele stimulasie en/of pornografiese beelde. Hierdie spesifieke probleme behoort aangespreek te word. Indien die sondes van wellus of pornografie vergeet of oorkom word – sal die sogenaamde masturbasie probleem glad nie meer ‘n kwessie wees nie.

Die Bybel sê vir ons dat ons selfs die blote voorkoms van seksuele onsedelikheid moet vermy (Efesiërs 5:3). Ek kan nie sien hoe masturbasie hierdie spesifieke toets kan slaag nie. Somtyds is ‘n goeie toets hoe jy kan bepaal of iets sonde is of nie, om jouself af te vra of jy sou trots wees om ander te vertel wat jy so pas gedoen het. Indien dit iets is waaroor jy skaam of verleë sou wees indien ander sou uitvind, dan is dit heel waarskynlik ‘n sonde. Nog ‘n goeie toets is om te bepaal of ons eerlik, met ‘n rein gewete, vir God kan vra om hierdie spesifieke aktiwiteit te seën vir sy eie, goeie doelwitte. Ek dink nie dat masturbasie gekwalifiseer kan word as iets waarop ons “trots” kan wees of God waarlik voor kan dank nie.

Die Bybel leer ons, "Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen dit tot eer van God” (1Korintiërs 10:31). Indien jy enigsins twyfel of dit God plesier of nie, dan is dit maar die beste om dit op te gee. Daar is definitief ruimte vir twyfel vir sover dit masturbasie aangaan. "En enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde." (Romeine 14:23). Ek kan nie sien hoe masturbasie, volgens die Bybel beskou kan word as ter verheerliking van God se naam nie. “Wat? Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”(1 Korinthiërs 6:19-20). Die groot waarheid behoort werklik betrekking te hê op dit wat ons doen en waarheen ons ook al gaan met ons liggame. Dus, in die lig van al hierdie beginsels, sal ek definitief sê dat masturbasie as ‘n sonde beskou kon word, vir sover dit die Bybel aangaan. Ek glo nie dat masturbasie God plesier, die voorkoms van onsedelikheid vermy of die toets slaag waarvolgens God eienaarskap oor ons liggame het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Masturbasie - is dit ‘n sonde volgens die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries