settings icon
share icon
Vraag

Is die konsep van persoonlike profesie bybels?

Antwoord


Daar is sommige binne die Christelike geloof, oorheersend in Charismatiese/Pinksterkerke, wat die gawe van profesie sien as die gee van persoonlike advies met ‘n “thus says the Lord”-aanbieding. Dit is hartseer, want hulle wat persoonlike profesie beoefen op hierdie manier is dikwels glad nie verskillend van hulle wat hulself bestempel as spiritistiese mediums nie. Om die waarheid te sê, daar is profetiese direkte lyne soos “Christelike” alternatiewe tot spiritistiese direkte lyne. Sommige in die persoonlike profetiese beweging adverteer met stellings soos “come get your prophetic reading”; dit is baie eenders ten opsigte van die terminologiese spiritistiese diens. Hierdie praktyk van die profesie is heeltemal onbybels.

Bybels gesproke, is die gawe van profesie die Gees-aangedrewe vermoë om openbaring vanaf God te verklaar (Rom 12:6-8; 1 Kor 12:4-11,28). Soms sluit profesie in openbaring van God ten opsigte van die toekoms, maar nie altyd nie. In beide die Ou en Nuwe Testamente, het God profete gebruik en/of die gawe van profesie om aan mense die waarheid te openbaar. Profesie is om die waarheid van God te verkondig; dit is spesiale openbaring, waarheid wat nie deur ander wyses onderskei kan word nie. Deur ‘n profeet, sou God waarheid openbaar wat die mense moes weet en soms, sou daardie waarheid in geskrewe vorm opgeteken word. Dit, by uitstek, het in die Bybel voorgekom, die Woord van God, die uitstaande, spesiale openbaring van God.

Die voltooiing van die Bybel het ‘n impak op die gawe van profesie. Die Bybel bevat alle openbaring wat ons nodig het vir lewe en godsvrug (2 Pet 1:3). Die Woord van God is lewend en aktief, skerper as enige tweesnydende swaard (Heb 4:12). Die Bybel het “groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). Sodoende, gaan die gawe van profesie oor, vanaf hoofsaaklik ‘n verklaring van nuwe openbaring van God, na primêr (of eksklusief) ‘n verklaring te wees van God wat Hy reeds geopenbaar het, soos in Sy Woord opgeneem.

Dit is nie asof God nooit aan een persoon ‘n boodskap sou gee om oor te dra aan iemand anders nie. God kan, wil en sal mense gebruik op wyses wat Hy verkies. Maar, as gevolg van die feit dat die Woord van God volmaak en perfek is, beteken dat ons daarop moet staatmaak vir leiding.. Ons moenie op profete, profetiese direkte lyne en profetiese voorlesings ons vertroue stel nie. God se Woord bevat die waarheid wat ons moet weet. God se Woord verteenwoordig die wysheid wat ons nodig het om Sy waarheid ten volle toe te pas. Bo en behalwe het ons die inwoning van die Heilige Gees om ons te lei, vertroos en te onderrig (Gal 5:16; Hand 9:31). Deur die konsep van persoonlike profesie te gebruik om invloed oor mense te verkry en hulle afhanklik te maak van “prophetic guidance” is ‘n blatante verdraaiing van die bybelse gawe van profesie. Enige tyd as mense die feilbare woorde van mense in plaas van die onfeilbare Woord van God vertrou, is dit ‘n bespotting.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die konsep van persoonlike profesie bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries