settings icon
share icon
Vraag

Wat is post-moderne Christenskap?

Antwoord


Postmoderne Christenskap is netso moeilik om bondig te definieer as postmodernisme self. Wat in die 1950’s begin het in argitektuur as ‘n reaksie tot modernistiese denke en styl was gou aangeneem deur die kuns en literêre wêreld in die 1970’s en 1980’s. Die kerk het nie regtig hierdie effek gevoel nie, totdat die 1990’s begin het. Hierdie reaksie was ‘n ontbinding van “koue, harde feite” ten gunste van “warm, vae subjektiwiteit.” Dink aan enigiets as postmodern, plaas dan Christendom in daardie konteks en jy kry ‘n skynsel van wat postmoderne Christenskap is.

Postmoderne Christenskap val saam met basiese post-moderne denke. Dit gaan oor ondervinding oor rede, subjektiviteit oor objektiviteit, geestelikheid oor godsdiens, beelde oor woorde, uitwaarts oor innerlike. Wat is goed? Wat is sleg? Dit hang alles af van hoe ver van bybelse waarheid elke reaksie teenoor moderniteit ‘n mens se geloof neem. Dit is natuurlik elke gelowige se besluit. Tog is dit so dat waar groepe onder sulke denkwyses groepeer, neig teologie en doktrine om meer oor te leun na liberalisme.

Byvoorbeeld, aangesien ondervinding meer van waarde beskou word as rede, word waarheid relatief. Dit lei tot alle soorte probleme, soos dit die standaard van die Bybel van absolute waarheid verminder en selfs bybelse waarheid diskwalifiseer, om absoluut te wees in baie gevalle. Indien die Bybel nie ons bron van absolute waarheid is nie en persoonlike ondervinding word toegelaat om te definieer en te interpreteer wat waarheid eintlik is, is ‘n reddende geloof in Jesus Christus oorgelewer as betekenisloos.

Daar sal altyd “paradigmaskuiwe” wees in denke, so lank as die mensdom hierdie teenswoordige aarde bewoon. Omdat die mens aanhoudend soek na beter kennis en statuur. Uitdagings op ons pad na denke is goed, omdat dit ons help om te groei, te leer en te verstaan. Dit is die beginsel van Rom 12:2 in praktyk, oor ons gedagtes wat getransformeer word. Ons moet egter altyd herinner word aan Hand 17:11 en wees soos die mense in Berea, wat elke nuwe lering oorweeg, elke nuwe gedagte, teenoor die Skrif opweeg. Ons laat nie toe dat ons ondervindinge die Skrif vir ons interpreteer nie, maar soos ons verander en onsself na die beeld van Christus omvorm, interpreteer ons ons ondervindinge volgens die Skrif. Ongelukkig is dit nie wat gebeur in kringe wat postmoderne Christene aanhang nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is post-moderne Christenskap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries