settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent seks voor die huwelik / voorhuwelikse seks?

Antwoord


Nes alle ander vorme van seksuele onsedelikheid, word seks voor die huwelik/voorhuwelikse seks herhaaldelik in die Skrif veroordeel (Handelinge 15:20; Romeine 1:29; 1 Korinthiërs 5:1; 6:13,18; 7:2; 10:8; 2 Korinthiërs 12:21; Galasiërs 5:19; Efésiërs 5:3; Kolossense 3:5; 1 Thessalonisense 4:3; Judas 7). Die Bybel moedig onthouding voor die huwelik aan. Seks voor die huwelik is net so verkeerd as al die ander vorme van seksuele onsedelikheid, aangesien almal van hulle seks impliseer met iemand met wie jy nie getroud is nie. Seks tussen ‘n getroude man en vrou is die enigste soort seksuele verhouding wat God goedkeur (Hebreërs 13:4).

Seks voor die huwelik het al hoe meer algemeen geraak weens verskeie redes. Veels te dikwels fokus ons op die “vermaaklikheids” aspek van seks sonder om die “skeppings” aspek in ag te neem. Ja, seks is genotvol. God het dit so ontwerp. Hy verkies dit so dat mans en vroue seksuele aktiwitiet moet geniet ( binne die beperkinge van die huwelik). Die primêre doel van seks is egter nie plesier nie, maar eerder reproduksie. God verbied nie seks voor die huwelik om ons van plesier te beroof nie, maar om ons te beskerm teen ongewenste swangerskappe en teen kinders wat uit ouers gebore is wie hul nie wou hê nie en wie nie voorbereid was op hulle koms nie. Verbeel jou net hoeveel wonderliker ons wêreld sou wees indien ons God se patroon vir seks gevolg het: minder seksueel oordraagbare siektes, minder ongehude moeders, minder ongewenste swangerskappe, minder aborsies, ens. Onthouding is God se enigste beleid vir sover dit seks buite die huwelik aangaan. Onthouding beskerm lewens, beskerm babas, verleen aan seksuele verhoudings die behoorlike waarde wat dit verdien en die mees belangrikste van alles: dit verheerlik God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent seks voor die huwelik / voorhuwelikse seks?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries