settings icon
share icon
Vraag

Wat is sekulêre humanisme?

Antwoord


Die gedagte van sekulêre humanisme is dat die mensdom homself erken as deel van ‘n ongeskape, ewige natuur; die doel is die mens se eie herstel sonder verwysing of hulp vanaf God. Sekulêre humanisme het uit die 18de eeuse “Enlightenment” gegroei en die 19de eeuse vrydenke. Sommige Christene mag verras wees om te hoor dat hulle eintlik sommige ooreenkomste met sekulêre humaniste deel. Baie Christene en sekulêre humaniste deel ‘n ooreenkoms om te redeneer, vrye ondersoek, die verdeling van die kerk en staat, die ideale vryheid en morele opvoeding; tog verskil hulle op baie gebiede. Sekulêre humaniste baseer hul moraliteit en idees oor regverdigheid op kritieke intelligensie sonder hulp van die Skrif, waarop Christene steun vir kennis aangaande reg en verkeerd, goed en boos. En alhoewel sekulêre humaniste en Christene wetenskap en tegnologie ontwikkel en gebruik, is hierdie hulpmiddels vir Christene om gebruik te word in diens van die mens tot eer van God, waar sekulêre humaniste hierdie dinge sien as instrumente om in die mens se behoeftes te dien sonder verwysing na God. In hul ondersoeke in verband met die oorspronge van lewe, erken sekulêre humaniste nie dat God die mens uit stof van die aarde geskep het nie, eerste die aarde geskep het en alle lewende skepsels daarop vanuit niks. Vir sekulêre humaniste is die natuur ‘n ewige, self-onderhoudende krag.

Sekulêre humaniste mag verras wees om te hoor dat baie Christene met hulle ‘n optrede van religieuse skeptisisme toon en is daartoe verbind om kritiese rede in opvoeding te gebruik. Deur die patroon van die edel Bereane te volg, lees en luister Christelike humaniste na instruksie, maar ons ondersoek alle dinge in die lig van die Skrifte (Hand 17:11). Ons aanvaar nie eenvoudig elke verklaring of geestelike persepsie wat in ons koppe kom nie, maar toets alle gedagtes en “kennis” volgens die absolute standaard van die Woord van God om sodoende Christus ons Here te gehoorsaam (sien 2 Kor 10:5; 1 Tim 6:20). Christen humaniste verstaan dat al die skatte van wysheid en kennis in Christus versteek is (Kol 2:3) en soek om in volle kennis te groei van elke goeie ding vir Christus se diens (Fil 1:9; 4:6; Kol 1:9). Anders as sekulêre humaniste, wat die idee van geopenbaarde waarheid verwerp, kleef ons aan die Woord van God, wat die standaard is waarteen ons die kwaliteit van alle dinge toets of meet. Hierdie kort kommentare verklaar nie volledig Christen humanisme nie, maar hulle voeg lewe en relevansie toe tot die kliniese definisie van die leksikons (bv. Webster’s Third New International Dictionary, wat Christen Humanisme definieer as “a philosophy advocating the self-fulfillment of man within the framework of Christian principles”).

Voordat ons ‘n Christelike antwoord gee op sekulêre humanisme, moet ons die term “humanisme” as sulks bestudeer. Humanisme herinner in die algemeen aan die weergeboorte of herlewing van antieke lering en kultuur wat plaasgevind het gedurende die Renaissance. Gedurende hierdie tyd het “humaniste” nougesette wyses van leerlingskap ontwikkel, gebaseer op Griekse en Romeinse modelle en het gepoog om ‘n nuwe Latynse styl te bou (in literêre en plastiekkuns) en politieke institusies daarop gebaseer. Lank egter voor die Renaissance, het “Christen humanisme” gefloreer op die werke en denke van Augustinus, Aquinas, Erasmus en andere. Sommige sien selfs in Plato, ‘n heidense filosoof, ‘n tipe van denke wat met die Christelike leer versoenbaar is. Aangesien Plato baie bied wat winsgewend is, is sy opvattings en slotsomme sekerlik nie bybels nie. Plato, soos Nietzsche, het geglo in “ewige terugkeer” (reïnkarnasie); hy (en die Grieke in die algemeen) het oppervlakkige respek getoon teenoor hulle gode, maar vir hulle was die mens die maatstaf van alle dinge. Kontemporêre uitlatings van sekulêre humanisme verwerp beide die nominale Christelike elemente van sy voorgangers en essensiële bybelse waarhede, soos die feit dat menslike wesens die beeld van hul Skepper dra, die God wat in die Bybel geopenbaar word en in die aardse lewe en bediening van die Here Jesus.

Gedurende die wetenskaplike revolusie het die ondersoeke en ontdekkings van wyd-opgeleide wetenskaplikes wat beskou kan word as humaniste (manne soos Copernicus en Galileo) die Rooms Katolieke dogma uitgedaag. Rome het die bevindinge verwerp van die nuwe empiriese wetenskappe en het weersprekende uitsprake uitgereik aangaande kwessies buitekant die raamwerk van geloof. Volgens die Vatikaan, aangesien God die hemelliggame geskep het, moet dit die “volmaaktheid” van hul Skepper reflekteer; dus, verwerp die astronome se ontdekkings dat die wentelinge van die planete ellipties en nie bolvormig is nie, soos voorheen beskou en dat die son “kolle” of kouer, donkerder areas het. Hierdie enpiriese verifieerbare feite en die manne en vroue wat hulle ontdek het, het nie die bybelse leringe weerspreek nie; die werklike draai vanaf bybelse geopenbaarde waarheid teenoor naturalistiese humanisme – gekarakteriseer deur verwerping van outoriteit en bybelse waarheid en deur te lei na ‘n uitgesproke sekulêre vorm van humanisme – het gedurende die Enlightenment plaasgevind, wat die 18de en 19de eeue omvat het en ook wortel geskiet het regdeur Europa, en spesifiek in Duitsland gebloei het.

Tallose panteïste, ateïte, agnostikusse, rasionaliste en skeptici het verskeie intellektuele projekte nagevolg, wat nie die geopenbaarde waarheid bevat het nie. In hul aparte en onderskeie maniere van doen, het manne soos Rousseau en Hobbes na amorele en rasionele oplossings gesoek vir die menslike dilemma; meer nog, werke soos Hegel se “Phenomenology of Spirit”, Kant se “Critique of Pure Reason”, en Fichte se “The Science of Knowledge” het die teoretiese fondasie gelê vir latere sekulêre humaniste. Of dit bewustelik of onbewustelik was, kontemporêre akademici en sekulêre humaniste bou op daardie fondament wanneer hulle uitsluitlik “rasionele” uitgangspunte teenoor sosiale en etiese kwessies verkondig en teenstrydige vorms van eie vasberadenheid in sulke areas soos individuele outonomie en vryheid van keuse binne seksuele verhoudings, reproduksie en vrywillige genadedood. In die kulturele sfeer, steun sekulêre humaniste op kritieke metodes wanneer hulle die Bybel interpreteer en verwerp die moontlikheid van goddelike toetrede in die mens se geskiedenis; hulle beskou die Bybel as “heilige geskiedenis.”

Onder die naam van “hoër kritisisme,” het sekulêre humanisme in teologiese skole versprei en gerasionaliseerde en antroposentriese houding teenoor studies van die Bybel verkondig. Deur in Duitsland te begin, het die laat 19de eeu “hoër kritisisme” gesoek om “agter die dokumente te gaan” om die klem van die gesaghebbende boodskap van die Bybelteks af te haal. Soos Darrell L. Bock dit gestel het, die spekulatiewe natuur van hoër kritisisme het die Bybel behandel as “a foggy mirror back to the past” en nie as die foutlose historiese opgawe van die lewe en leringe van Christus en Sy apostels nie (“Introduction” in Roy B. Zuck en D. L. Bock, “A Biblical Theology Of the New Testament”, 1994, p. 16). Byvoorbeeld, in sy “Theology of the New Testament,” steun Rudolf Bultmann, ‘n leier-eksponent van hoër kritisisme, sterk op kritiese meanings. Soos Bock dit uitwys, die outeur is “so skeptical about the New Testament portrait of Jesus that he barely discusses a theology of Jesus” (ibid).

Terwyl hoër kritisisme die geloof van sommige ondermyn het, soos B. B. Warfield by die Princeton Seminary, het William Erdman en ander, die Bybel as die Woord van God met oorgawe verdedig. Byvoorbeeld, in antwoord op skeptici wat die vroeë datum bevraagteken het en Johannine die outeurskap van die vierde evangelie, het Erdman en ander getroue dienaars van die Here hierdie hoofsake op kritieke gronde en met gelyke vakkundigheid verdedig.

Desgelyks in filosofiese politiek en sosiale teorie, het Christelike akademici,regsgeleerdes, skrywers, beleidvormers en kunstenaars soortgelyke wapens gebruik om die geloof te verdedig en harte en gedagtes vir die Evangelie te oortuig. Tog, op baie gebiede van die intellektuele lewe is die geveg ver van verby. Byvoorbeeld, in literêre sirkels buite die akademiese wêreld, gaan die denke van Ralph Waldo Emerson voort om die heerskappy te voer. Emerson se panteïsme dra by tot ‘n ontkenning van Christus; dit is subtiel en kan die onbedagtes mislei om van die Evangelie weg te draai. Emerson glo dat die “Over Soul” binne-in individue maak elke persoon die bron van sy of haar eie verlossing en waarheid. Deur skrywers soos Emerson en Hegel te lees, moet Christene (veral hulle wat die geloof eens en vir altyd oorgelewer het aan die heiliges (Judas:3)), versigtig optree en die Woord van God sentraal in hul denke hou en nederig gehoorsaam bly om dit in hul lewens te doen.

Christelike en sekulêre humaniste het soms betrokke geraak in eerlike dialoog aangaande die basis of bron van orde in die heelal. Of hulle dit rede noem of Aristoteles se primêre dryfkrag, maak sommige sekulêre rasionaliste die korrekte afleiding dat morele Waarheid ‘n voorvereiste is vir morele orde. Alhoewel baie sekulêre humaniste ateïste is, het hulle gewoonlik ‘n hoë siening aangaande redelikheid; dus, kan Christelike apologete met hulle rasioneel in gesprek tree oor die Evangelie, soos Paulus in Hand 17:15-34 gedoen het, toe hy die mense in Athene toegespreek het.
Hoe moet ‘n Christen teenoor sekulêre humanisme optree? Vir volgelinge van die Weg (Hand 9:2; 19:19, 23) moet enige wettige vorm van humanisme die volle besef van menslike potensiaal van die menslike verstand en wil ten opsigte van die verstand en wil van God nagaan. God se begeerte is dat niemand verlore sal gaan nie, maar dat almal sal berou hê en die ewige lewe as Sy kinders sal ontvang (Joh 3:16; 1:12). Sekulêre humanisme mik om beide te doen, baie minder en baie meer. Dit poog om hierdie wêreld te genees en die mens te vereer as die outeur van sy eie, progressiewe verlossing. In hierdie opsig is “sekulêre” humanisme heeltemal gemaklik met sekere godsdienstige plaasvervangers vir God se ware Evangelie – byvoorbeeld, die lerings van Yogananda, die stigter van die Self-Realization Fellowship. In kontras, Christelike humaniste volg die Here Jesus met die verstaan dat ons koninkryk nie van hierdie wêreld is nie en nie ten volle hier kan realiseer nie (Joh 18:36; 8:23). Ons plaas ons gedagtes op God se ewige koninkryk, nie op aardse dinge nie, want ons het gesterf en ons lewens is saam met Christus in God geborge. Wanneer Christus – Wie ons lewe is – terugkom, sal ons saam met Hom in heerlikheid verskyn (Kol 3:1-4). Dit is werklik ‘n hoë siening van ons bestemming as menslike wesens, want ons is Sy afstammelinge, soos selfs sekulêre digters gesê het, soos in Aratus se gedig “Phainomena”; vgl. Hand 17:28).

Jy hoef nie ‘n Christen te wees om te waardeer dat humanisme wat slegs deur die verstand gedryf word, nie suksesvol kan wees nie. Selfs Emmanuel Kant wat sy “Critique of Pure Reason” gedurende die toppunt van die “German Enlightenment” geskryf het, het dit verstaan. Volgelinge van Christus moet ook nie in die strik van misleiding van filosofie en menslike tradisie val nie, of gevange geneem word deur vorme van humanisme, gebaseer op romantiese geloof in die moontlikheid van menslike oorlewering nie (Kol 2:8). Hegel baseer menslike vooruitgang op die ideaal van rede as gees wat homself “instansieer” deur progressiewe dialektiese stadiums in die geskiedenis; maar sou Hegel gelewe het om die wêreld-oorloë van die 20ste eeu te sien, is dit twyfelagtig dat hy sou volhou om die menslike vooruitgang aan te val in hierdie debakel van die geskiedenis. Christene verstaan dat enige vorm van humanisme,verwyder van goddelike gevolmagtigde verlossing, is tot mislukking bestem en vals ten opsigte van geloof. Ons vestig ‘n hoë siening van die mens in ‘n hoë siening van God, aangesien die mensdom na die beeld van God geskep is en ons stem saam met die Skrif, betreffende die mens se desperate situasie en God se verlossingsplan.

Soos Alexander Solzhenitsyn waargeneem het, bied humanisme geen oplossing hoegenaamd vir die mensheid se desperate toestand nie. Hy stel dit so: “If humanism were right in declaring that man is born to be happy, he would not be born to die. Since his body is doomed to die, his task on earth evidently must be of a more spiritual nature.” Inderdaad. Die mens se taak is om God te soek en te vind (Hand 17:26-27; vgl. 15:17), ons ware Verlosser wat ons ‘n beter, as aardse erfenis bied (Hebr 6:9; 7:17). Enigeen wat die deur vir Christus oopmaak (Openbaring 3:20) sal daardie beter land beërwe, wat God voorberi het vir hulle wat Hom liefhet en geroep is volgens Sy raadsbesluit (Ef 1:11; Rom 8:28; Hebr 11:16; vgl. Matt 25:34; Joh 14:2). Hoeveel meer uitnemend is dit as al die trotse en verhewe mikpunte saamgevat in sekulêre humanistiese manifeste?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is sekulêre humanisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries