settings icon
share icon
Vraag

Wat is die spirituele formasie beweging?

Antwoord


Die spirituele formasie beweging is baie populêr hedendaags. Dit is egter op baie wyses ‘n beweging weg van die waarheid van God se Woord tot ‘n mistieke vorm van Christelikheid en dit het tot ‘n sekere mate byna alle evangeliese denominasies geïnfiltreer. Hierdie idee is gebaseer op die beginsel dat as ons sekere praktyke beoefen, ons meer soos Jesus kan wees. Proponente van spirituele formasie leer verkeerdelik dat enigeen hierdie mistieke rituele kan beoefen en God in hulself vind.

Té dikwels glo die aanhangers van hierdie beweging dat die spirituele dissiplines die soeker omvorm deur sy of haar toetrede tot ‘n veranderde terrein van bewuswording. Die spirituele formasie beweging het karaktertrekke soos nadenkende gebed, nadenkende spiritualiteit en Christelike mistisisme.

Ware bybelse formasie of spirituele transformasie begin met die begrip dat ons sondaars is, wat apart leef vanaf God. Ons gawes of vermoëns is deur sonde korrup gemaak, sodat ons nie vir God bydskap kan gee nie. Ware geestelike verandering gebeur as ons onsself aan God oorgee, sodat Hy ons kan verander deur die leiding en krag van die Heilige Gees. Ongeveer die helfte van elke Nuwe Testamentiese sendbrief is gemik om ‘n lewe te leef ten einde God se hart bly te maak – deur gehoorsaamheid en jouself aan die Heilige Gees in alles te onderwerp. Die Skrif noem ons die vrygekoopte, verloste, heiliges skape, soldate en dienaars, maar dit leer ook dat slegs deur die Gees ons kan lewe soos daardie name dan ook beteken.

Die volgende gedeeltes spreek verskeie aspekte van geestelike verandering aan, die werk van God in die lewe van die gelowige:

“Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is” (Rom 8:29). Hier is die mikpunt van verandering: dat ons soos Christus kan wees.

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word” (2 Kor 3:18). Dit is deel van ‘n gedeelte wat ons leer dat ons verander het na die beeld van Christus, nie deur die reëls en wette na te kom nie, maar deur die leiding van die Gees deur geloof na te volg.

“Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en Sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat vir ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur Sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag” (Titus 3:3-7).

Hier herinner Paulus ons aan ons vorige lewe en die lewe wat ons nou het. Ons het geantwoord op die “genade en liefde van God” aan ons betoon deur die dood van Christus vir ons sondes. Ons het ons sondes bely en nou antwoord ons op die Gees se aangehoue aanmoediging en bekragtiging om anders te lewe as God se kinders. As gevolg daarvan is ons getransformeer deur die “wedergeboorte” en vernuwing deur die Heilige Gees” (v 5). Hierdie is dan ware geestelike verandering of formasie – die verandering van ons gees deur Sy Gees na die beeld van Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die spirituele formasie beweging?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries