settings icon
share icon
Vraag

Om in tale te spreek, is dit ‘n bewys dat so iemand met die Heilige Gees vervul is?

Antwoord


Daar is drie gebeure in die boek van Handelinge, waar spreek in tale saamgaan met die ontvang van die Heilige Gees – Hand 2:4, 10:44-46 en 19:6. Tog is hierdie drie gebeure die enigste plekke in die Bybel, waar die spreek van tale ‘n bewys is van die ontvangs van die Heilige Gees. Dwarsdeur die boek Handelinge is daar duisende mense wat tot geloof in Jesus gekom het en niks word van spreek in tale gesê nie (Hand 2:41, 8:5-25, 16:31-34). Nêrens in die Nuwe Testament word daar geleer, dat die spreek in tale die enigste bewys is, dat iemand die Heilige Gees ontvang het nie. Die Nuwe Testament leer eerder die teenoorgestelde. Daar word gesê dat elke gelowige in Christus die Heilige Gees het (Rom 8:9, 1 Kor 12:13, Efes 1:13-14), maar nie elke gelowige praat in tale nie (1 Kor 12;29-31).

Dus, waarom was die spreek in tale die bewys van die Heilige Gees in daardie drie hoofstukke van Handelinge? Handelinge 2 vertel dat die dissipels met die Heilige Gees gedoop is en deur Hom bekragtig is om die Evangelie uit te dra. Die dissipels is toegerus om in ander tale te praat en dus kon hul die waarheid met mense in hul eie tale deel. Handelinge 10 noem dat Petrus gestuur is om die Evangelie met nie-Joodse mense te gaan deel. Petrus en die vroeë Christene moes moeilik gekry het om die heidene (nie-Joodse mense) in die kerk te ontvang. God het die heidene toegerus om in tale te praat, om sodoende te demonstreer dat hulle dieselfde Heilige Gees as die dissipels ontvang het (Hand 10:47, 11:17).

Hand 10:44-47 skryf die volgende: “Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. Toe die Joodse gelowiges, wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie. En Petrus sê: ‘Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?’ “ Petrus het later weer na hierdie gebeurtenis terug verwys, as bewys dat God inderdaad die heidene gered het (Hand 15:7-11).

Om in tale te spreek, word nêrens genoem as iets wat alle Christene moet verwag, as hulle Jesus Christus as hul Saligmaker aanneem en in die Heilige Gees gedoop word nie. Uit al die bekerings-getuienisse in die Nuwe Testament, word daar net twee gevalle genoem, waar daar in tale gepraat kon word. Die spreek in tale was ‘n wonderbaarlike gawe, met ‘n spesifieke doel, vir ‘n spesifieke tyd. Dit was nie en sal nooit die enigste bewys vir die ontvang van die Heilige Gees wees nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Om in tale te spreek, is dit ‘n bewys dat so iemand met die Heilige Gees vervul is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries