settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met 'n sterfbedbekering?

Antwoord


Die mees hoëprofiel-sterfbed/laaste minuut-bekering tot Christus in die Bybel is die geval van die krimineel wat langs Jesus gekruisig was (Luk 23:39-43). Net enkele oomblikke voor sy eie dood, was hierdie krimineel 'n ongelowige bespotter van Christus (Matt 27:44). Tog, op die laaste oomblik het die krimineel berou getoon en Jesus as die hemelse Koning erken. Die Here het hom die belofte van seën gegee, "Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees."

Alhoewel die storie van die krimineel aan die kruis 'n demonstrasie is dat laaste minuut-bekerings moontlik is, waarsku die Bybel ons om nou ons sonde te bely, sonder om nog 'n ander oomblik te wag. Johannes die Doper het gewaarsku, "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom" (Matt 3:2). Jesus het die identiese boodskap gebring, rakende die dringendheid vir onmiddellike bekering (Matt 4:17).

Die Bybel waarsku ons in verband met die kortstondigheid van die lewe. "Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn" (Jak 4:14). Ons word nie aanbeveel om eendag bekering te oorweeg nie, maar om vandag nog te glo! Heb 4:7, "Vandag, as julle Sy stem hoor,moet julle nie hardkoppig wees nie." Niemand van ons weet hoeveel tyd ons oor het in hierdie lewe of wat die omstandighede van ons dood sal wees nie. Ons kan skielik sterf, op 'n onverwagse manier wat 'n sterfbedbekering uitsluit. Die enigste redelike keuse is om te bekeer en in Jesus Christus vandag nog te glo. "Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, op die dag van redding het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding" (2 Kor 6:2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met 'n sterfbedbekering?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries