settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verantwoordelikhede van diakens in die kerk?

Antwoord


In die Nuwe Testament word die woord "dien" vertaal vanuit die Griekse woord "diakoneo", wat letterlik "through the dirt" beteken. Dit verwys na 'n begeleier, 'n wag of een wat ander bedien. Vanaf hierdie woord kry ons die Engelse woord "deacon." Ons sien eerstens die woord "deacon" as gebruik in verwysing na helpers in die kerk, in die boek van Handelinge. "Die twaalf apostels roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: "Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die Woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Nou broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel" (Hand 6:2-3). Die manne wat die kudde versorg het deur te preek en te onderrig het besef dat dit nie reg was vir hulle om hierdie take na te laat nie en dus het hulle ander manne gekry wat gewillig was om te dien en om te sien na die kerk se fisiese behoeftes, terwyl hulle na die geestelike nood omgesien het. Dit was 'n beter aanwending van bronne en 'n beter gebruik van elkeen se gawes. Dit het ook meer mense betrokke gemaak in dienslewering en om mekaar te help.

Vir vandag se Bybelse kerk is hierdie rolle hoofsaaklik dieselfde. Ouerlinge en pastore is daar om die Woord te verkondig; daarmee vol te hou, tydig en ontydig; weerlê, bestraf en bemoedig; geduldig onderrig (2 Tim 4:2) en diakens moet al die ander dinge behartig. 'n Diaken se verantwoordelikhede kan administratiewe of organisatoriese take insluit, plekaanwysers, onderhoud van die gebou of as vrywillige om die geldsake van die kerk te hanteer. Dit hang af van die behoeftes van die kerk en die gawes van die beskikbare mense.

Die verantwoordelikhede van 'n diaken word nie duidelik in die Skrif uiteengesit nie; hulle is veronderstel om alles te wees wat nie die pligte van die ouderling of pastoor insluit nie. Die kwalifikasies van 'n diaken is egter duidelik in die Skrif uitgelê. Hulle moet onbesproke van karakter wees, die man van een vrou wees, 'n goeie hoof van sy huisgesin, gerespekteerd, eerlik, nie verslaaf aan alkohol nie en nie gierig nie (1 Tim 3:8-12). Na aanleiding van die Woord is die amp van diaken 'n eer en 'n seën. "Dié wat as diaken goed gedien het, verwerf vir hulleself 'n eervolle plek in die gemeente en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus" (1 Tim 3:13).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verantwoordelikhede van diakens in die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries