settings icon
share icon
Vraag

Het die mens werklik ‘n vrye wil?

Antwoord


Indien “vrye wil” beteken dat God aan mense die geleentheid gee om keuses te maak wat hul bestemming beïnvloed, is dit wel ‘n ja. Die gevalle en sondige wêreld is direk gekoppel aan die keuses wat Adam en Eva gemaak het. God het die mens na Sy eie beeld geskape en dit sluit die vermoë om te kies, in.

Dit beteken egter nie dat die mens enigiets wat hom plesier kan doen nie. Ons keuses word beperk tot binne die grense van ons natuur. ‘n Mens kan kies om oor ‘n brug te stap of nie; wat hy nie kan kies nie, is om oor die brug te vlieg, want sy natuur laat hom dit nie toe nie. ‘n Mens kan nie kies om homself regverdig te maak nie – sy sondige natuur weerhou hom daarvan, om sy skuld te kanselleer (Rom 3:23). Dus is vrye wil beperk deur die mens se natuur.

Hierdie beperking versag nie ons toerekenbaarheid nie. Die Bybel is duidelik daaroor dat ons nie net die vermoë het om te kies nie, maar ook die verantwoordelikheid om met wysheid te kies. In die Ou Testament het God ‘n volk (Israel) gekies, maar individue van daardie nasie het nog steeds die verpligting gehad, om gehoorsaamheid aan God, te kies. Individue buitekant Israel was ook by magte om te kies en God te volg (bv. Rut en Rahab).

In die Nuwe Testament word sondaars oor en oor gemaan om te “bely” en te “glo” (Matt 3:2; 4:17; Hand 3:19; 1 Joh 3:23). Elke oproep om te bely, is ‘n oproep om te kies. Die vermaning om te glo, veronderstel dat die hoorder kan kies om die opdrag te gehoorsaam.

Jesus het die probleem van sommige ongelowiges geïdentifiseer, toe Hy aan hulle gesê het, “Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie” (Joh 5:40). Dit is duidelik dat as hulle wou, kon hulle kom; hulle probleem was dat hulle gekies het om dit nie te doen nie. “Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes” (Gal 6:7) en vir hulle wat nie by redding ingesluit is nie, is “daar dus geen verontskuldiging nie” (Rom 1:20-21).

Hoe kan die mens, wat beperk word deur ‘n sondige natuur, ooit kies wat goed is? Dit is slegs deur die genade en krag van God dat “vrye wil” werklik “vry” kan wees, in die sin van “ in die vermoë wees” om positief ten opsigte van redding te kies (Joh 15:16). Dit is die Heilige Gees wat in en deur ‘n persoon se wil werk om daardie persoon op te wek (om wedergebore te wil word) (Joh 1:12-13) en hom/haar ‘n nuwe natuur gee “lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig” (Ef 4:24). Redding is God se werk. Terselfdertyd is ons motiewe, begeertes en aksies vrywillig en ons word tereg verantwoordelik daarvoor gehou.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het die mens werklik ‘n vrye wil?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries