Vraag
Wie was Baäl?
Antwoord
Baäl was die naam van die belangrikste god wat aanbid was in die antieke Kanaän en Fenisië. Die beoefening van Baäl-aanbidding het die Joodse godsdiens geïnfiltreer gedurende die tyd van die rigters (Rigters 3:7), en wel gedurende die regeringstyd van Agab wyer versprei (1 Kon 16:31-33). Dit het ook Juda geaffekteer (2 Kronieke 28:1-2). Die woord “Baäl” beteken “here”; die meervoud is “baalim.” In die algemeen was Baäl ‘n vrugbaarheidsgod wat blykbaar die aarde in staat kon stel om gesaaides te produseer en mense om kinders in die wêreld te bring. Verskillende areas het Baäl op verskillende wyses aanbid en Baäl was bewys van ‘n hoogs bruikbare god. Verskeie plaaslikes het een of ander van sy eienskappe beklemtoon en spesiale “denominasies” van Baälisme ontwikkel. Baäl –Peor (Numeri 25:3) en Baäl-Berit (Rigters 8:33) is twee voorbeelde van sulke plaaslike gode.
Volgens die Kanaänitiese mitologie was Baäl die seun van El, die hoofgod en Asjera, die godin van die see. Baäl was beskou as die magtigste van alle gode, en het El oorskadu, wat gesien was as swak en oneffektief. In verskeie gevegte het Baäl, Yamm, die god van die see en Mot, die god van die dood en die onderwêreld verslaan. Baäl se susters/metgeselle was Ashtoreth, ‘n vrugbaarheidsgodin, geassosieer met die sterre en Anat, ‘n godin van liefde en oorlog. Die Kanaäniete het Baäl aanbid as die songod en die stormgod – hy is gewoonlik uitgebeeld deur ‘n bliksemstraal te houvas – wat vyande verslaan het en gesaaides laat produseer het. Hulle het hom ook aanbid as vrugbaarheidsgod wat kinders voorsien het. Baäl-aanbidding was gewortel in sensualiteit en betrokke by prostitusie ritueles in die tempels. By tye, deur Baäl tevrede te stel, was menslike offerandes vereis, gewoonlik die eersgeborene van die een wat die offer moet bring (Jer 19:5). Die priesters van Baäl het voor hul god verskyn in gebruike van wilde losbandigheid, wat luide, ekstatiese geskree en selfopgelegde beserings ingesluit het (1 Kon 18:28).
Voordat die Hebreërs die Beloofde Land binnegegaan het, het die Here God gewaarsku teen Kanaän se afgode-aanbidding (Deut 6:14-15), maar Israel het nie gehoorsaam nie. Gedurende die regering van Agab en Isebel, toe die Baäl-aanbidding op sy hoogste was in Israel, het God die heidendom deur middel van Sy profeet, Elia, aangespreek. Eerstens het God gewys dat Hy, nie Baäl nie, die reën beheer het deur ‘n droogte te stuur, wat drie en ‘n halwe jaar geduur het (1 Kon 17:1). Toe het Elia gevra vir ‘n deurbraak op die Karmelberg om vir eens en vir altyd te bewys wie die ware God was. Die hele dag lank het 450 profete van Baäl na hul god geroep om vuur vanuit die hemel te stuur – duidelik ‘n maklike taak vir ‘n god wat met bliksemstrale geassosieer word – maar “daar was geen reaksie nie” (1 Kon 18:29). Nadat Baäl se profete opgegee het, het Elia ‘n eenvoudige gebed gebid en God het onmiddellik met vuur uit die hemel geantwoord. Die getuienis was oorweldigend en die mense het “op hulle knieë geval en uitgeroep: Die Here is God! Die Here is God!” (vers 39).
In Matt 12:27 het Jesus vir Satan “Beëlsebul,” genoem en verbind so die duiwel met Baäl-Sebub, ‘n Filistynse god (2 Kon 1:2). Die Baäls van die Ou Testament was niks meer as demone wat hulself vermom het as gode nie en alle afgodery is maar net duiwel-aanbidding op die hoogste vlak (1 Kor 10:20).
English
Wie was Baäl?