settings icon
share icon
Vraag

Het ek al die ewige lewe beërwe?

Antwoord


Die Bybel gee vir ons 'n duidelike weg na die ewige lewe. Eerstens moet ons erken dat ons teen God gesondig het: “Almal het gesondig en is ver van God af” (Romeine 3:23). Ons verdien God se straf, want ons het almal dinge gedoen wat vir God onaanvaarbaar is. Aangesien al ons sondes uiteindelik teen ‘n ewige God is, is slegs ‘n ewige straf daarvoor voldoende. “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 6:23).

Nieteenstaande het Jesus Christus, die sondelose (1 Petrus 2:22), ewige Seun van God, mens geword (Johannes 1: 1, 14) en gesterf om ons losprys te betaal. “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Romeine 5:8). Jesus Christus het aan die kruis gesterf (Johannes 19:31-42) en die straf wat ons verdien, op Hom geneem (2 Korinthiërs 5:21). Hy het drie dae later uit die dood opgestaan (1 Korinthiërs 15:1-4) en deur middel van Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood bewys “...In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.” (1 Petrus 1:3).

In geloof moet ons weer 'n slag nadink oor Jesus – wie Hy is, wat Hy gedoen het, en hoekom – tot redding. (Handelinge 3:19). Indien ons, ons geloof op Hom vestig en vertrou dat Sy kruisdood die losprys vir ons sondes betaal het, sal ons vergewe word en die belofte van die ewige lewe ontvang. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3:16). “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” (Romeine 10:9). Geloof in die voldoende dood van Christus aan die kruis is die enigste ware pad na die ewige lewe! “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.” (Efesiërs 2:8-9).

As jy Jesus Christus as jou Verlosser wil aanneem, bied ons jou 'n voorbeeld van 'n gebed hieronder. Onthou, om hierdie gebed of enige ander gebed te bid kan jou nie red nie. Slegs vertroue op Jesus Christus kan jou red van sonde. Hierdie gebed is slegs 'n manier om vir God te sê dat jy in Hom glo en om vir Hom dankie te sê dat Hy voorsiening gemaak het vir jou redding. “Here, ek weet ek het teen U gesondig en dat ek U straf daarvoor verdien. Maar U Seun, Jesus Christus, het hierdie straf, wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek, deur in Hom te glo, vergewe mag word. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis en die gawe van die ewige lewe! Amen!”

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het ek al die ewige lewe beërwe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries