settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor geestesbeswering?

Antwoord


Geestesbeswering word gedefinieer as die oproep van die geeste van die dooies, met die doel om die toekoms op ‘n magiese wyse te openbaar of die beïnvloeding van die gang van gebeure. In die Bybel word geestesbeswering ook waarsêery, towery en spiritisme genoem en word baie kere verbied (Lev 19:26; Deut 18:10; Gal 5:19-20; Hand 19:19), as ‘n gruwel vir God. Dit is iets waarteen die Here baie sterk uitsprake gee en dit moet vermy word, soveel as enige boosheid. Die rede hiervoor is tweevuldig.

Eerstens, dit is om betrokke te raak met demone en die een wat dit beoefen maak ‘n deur oop vir demoniese aanvalle. Satan en sy demone soek listig om ons te vernietig, nie om ons deel te maak van waarheid en wysheid nie. 1 Pet 5:8 sê, “Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” Tweedens, geestesbeswering maak nie op die Here staat vir inligting nie, die Here wat belowe om vryelik wysheid te gee aan hulle wat vra daarvoor (Jak 1:5). Dit word spesifiek gesê, want die Here wil ons lei tot die waarheid en lewe, maar demone wil ons altyd lei na leuens en ernstige skade.

Die idee dat dooie mense se geeste gekontak kan word vir informasie, is vals. Hulle wat dit probeer, kontak onomwonde demoniese geeste, nie die geeste van geliefde dooies nie. Hulle wat sterwe, gaan onmiddellik hemel of hel toe – hemel, as hulle in Jesus as Verlosser glo en hel toe, as hulle nie glo nie. Daar is geen kontak tussen die dooies en die lewendiges nie. Dus, om die dooies op te soek, is onnodig en baie gevaarlik.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor geestesbeswering?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries