settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die feit dat jy jou geloftes/ede moet hou?

Antwoord


Daar is ongeveer 30 bybelse verwysings na geloftes, waarvan die meeste in die Ou Testament voorkom. Die boeke Levitikus en Numeri het verskeie verwysings na geloftes in verband met offerandes en offers. Daar was ontsettende gevolge vir die Israeliete wat geloftes gebreek het, veral geloftes teenoor God.

Die storie van Jefta illustreer die dwaasheid daarvan om geloftes te maak, sonder om die gevolge daarvan te begryp. Voordat Jefta –beskryf as ‘n man van onverskrokkenheid - die Israeliete gelei het in ‘n geveg teen die Ammoniete, het hy ‘n haastige gelofte gemaak, dat hy die eerste mens wat hom tegemoet sou kom by sy huis, sou hy as oorwinnaar uit die stryd tree, hy aan die Here sou offer.Toe die Here hom die oorwinning gegee het, was sy dogter die eerste om hom te ontmoet. Jefta het sy gelofte onthou en haar aan die Here geoffer (Rigters 11:29-40). Of Jefta hierdie gelofte sou hou of nie, word in ‘n ander artikel aangespreek. Wat hierdie verhaal beklemtoon, is die dwaasheid van oorhaastige geloftes.

Jesus het die volgende geleer in verband met geloftes, “Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie en ‘n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie ‘n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God; nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir Sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy ‘n eed aflê nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. Laat julle “ja” eenvoudig “ja” wees en julle “nee”, “nee”. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose” (Matt 5:33-37).

‘n Klein bietjie agtergrond-inligting help om Jesus se woorde hier te verstaan. Die godsdienstige leiers van daardie tyd het verkondig dat om ‘n gelofte te hou, indien dit ‘n publieke gelofte was, moes God se Naam gebruik word; as dit egter ‘n gelofte is wat gemaak word in die loop van ‘n daaglikse gesprek, moet daar verwys word slegs na “hemel” of “aarde” of “Jerusalem” – dan was dit nie regtig bindend nie. Mense het ‘n skuiwergat gehad. Hulle kon lieg of in hul gesprekke oordryf en dan aan hulself ‘n mate van geloofwaardigheid toeskryf, deur te sê, “Ek sweer in die Naam van God” en die eed was privaat. Jesus het daardie gedagte weerlê. As jy oor iets sweer, is dit beter om die waarheid te praat, sê Jesus. Al wat jy eintlik moet sê, is “ja” of “nee.” Jou woord moet jou woord wees. Daar is geen rede om oordoenerige uitsprake te maak om jou saak ‘n hupstoot te gee nie.

Ps 15:4 beskryf ‘n regverdige mens as een “wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade.” Jesus se lering in Matt 5 steun hierdie bybelse beginsel. Geloftes is bindend, selfs as dit ligsinnig uitgespreek word of privaat, as deel van alledaagse geselse. ‘n Belofte is ‘n belofte en daar is geen skuiwergat in God se oë om iemand toe te laat om sy/haar word te breek nie.

Jesus het nie alle vorme van beloftes, kontrakte of ooreenkomste veroordeel nie. Jesus het gepraat van dié soort gelofte wat spontaan gemaak word as iemand sê, “I cross my heart and hope to die” of “I swear on a stack of Bibles” of “I swear on my mother’s life.” Jesus waarsku teen hierdie soort onverskillige ede. In Matt 5 praat Jesus nie van versigtige, deurdagte beloftes nie, soos troubeloftes of ‘n wettige kontrak nie.

Die beginsel hier is duidelik vir Christene: wees versigtig as julle ‘n eed aflê: óf vir die Here óf iemand anders. Die feit dat ons geneig is om oordeelsfoute te maak, beteken dat ons dwase geloftes kan maak of uit onvolwassenheid. Verderaan, die informele ede wat ons aflê (“I swear by all the angels in heaven!”) is heeltemal onnodig. Ons woord is bindend.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die feit dat jy jou geloftes/ede moet hou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries