settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor haat?

Antwoord


Volgens die Bybel is daar positiewe en negatiewe aspekte betreffende haat. Dit is aavaarbaar om dié dinge te haat, wat God haat; inderdaad is dit ‘n goeie bewys dat ons verhouding met God reg is. Ps 97:10a, “Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is!” Dit is inderdaad so dat, hoe nader ons aan die Here leef en hoe meer ons met Hom omgaan, hoe meer bewus sal ons van sonde wees, beide binne-in en van buite. Is dit nie vir ons baie erg en maak dit ons nie kwaad as God se Naam ydelik gebruik word nie of as ons geestelike valsheid sien of blatante ongeloof en goddelose optrede nie? Hoe meer ons God se karaktereienskappe liefkry en verstaan, hoe meer wil ons soos Hy word en hoe meer wil ons die dinge haat wat Sy Woord en Sy natuur teenstaan.

Dit is egter so dat die haat wat direk teen ander gemik is, wel negatief is. Die Here praat van haat in die bergrede in Matt 5:22, “Maar Ek sê vir julle: ‘Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank.’” Die Here gee opdrag dat ons nie slegs met ons broer vrede moet hê voordat ons na die Here toe gaan nie, maar dat ons dit dadelik moet doen (Matt 5:23-26). Die handeling van moord word sekerlik veroordeel, maar haat is ‘n sonde van die “hart” en enige haatlike gedagte of optrede is ‘n aksie van moord in God se oë, waarvoor daar straf sal wees, moontlik nie in hierdie lewe nie, maar met die oordeelsdag. Die posisie van haat is so afskuwelik voor God dat daar gesê word dat iemand wat haat, in die duisternis is, in teenstelling met die lig (1 Joh 2:9, 11). Die ergste situasie is iemand wat gedurig van godsdiens getuig, maar hy bly vyandig teenoor sy broer. Die Skrif verklaar dat so ‘n mens ‘n leuenaar is (1 Joh 4:20) en hy kan mense mislei, maar nie vir God nie. Hoe baie gelowiges leef vir jare en gee voor dat alles wel is, hou ‘n front voor, net om uiteindelik uitgevind te word dat hulle vyandskap (haat) teenoor ‘n ander gelowige gedra het?

Haatgevoelens is ‘n gif wat van binne af verwoes en bitterheid wat ons harte en verstand lam lê. Dit is waarom die Skrif ons vertel dat ons moet “sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie” (Hebr 12:15). Haat verwoes ook die persoonlike getuienis van ‘n Christen, omdat dit hom van die Here en ander gelowiges afsny. Laat ons versigtig wees en doen wat die Here ons beveel om mense vinnig te vergewe, oor alles, maak nie saak hoe gering nie en die Here sal getrou wees om te vergewe, soos Hy belowe het (1 Joh 1:9; 2:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor haat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries