settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van Christelike verlossing? Waarom is dit nodig dat ons verlos moet wees?

Antwoord


Elkeen het nodig om gered te word. Ons natuurlike toestand was gekenmerk deur skuld: “Almal het gesondig en is ver van God af” (Rom 3:23). Christus se verlossing het ons van skuld bevry, “maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus” (Rom 3:14).

Die voordele van verlossing sluit ewige lewe (Open 5:9-10), vergewing van sondes (Ef 1:7), regverdigheid (Rom 5;17), vrymaking van die vloek van die wet (Gal 3:13), aanneming in God se familie (Gal 4:5), bevryding van die houvas van sonde (Titus 2:14, 1 Pet 1:14-19), vrede met God (Kol 1:18-20) en die inwoning van die Heilige Gees (1 Kor 6:19-20) in. Om verlos te wees, is om vergewe te wees, geheilig, vrygespreek, vry, aangeneem en versoen te wees. Lees ook Ps 130:7-8, Luk 2:38 en Hand 20:28.

Die woord verlos beteken “om uit te koop”. Die term was spesifiek gebruik in die kooptransaksie rakende ‘n slaaf se vryheid. Die gebruik van hierdie term ten opsigte van Christus se dood aan die kruis, is veelseggend. As ons verlos is, dan was ons vorige toestand “slawerny”. God het ons vryheid gekoop en ons is nie langer in sonde of in die Ou Testamentiese wet vasgevang nie. Hierdie beeldspraak ten opsigte van verlossing, lees ons in Gal 3:13 en 4:5.

Volgens die Christelike begrip van verlossing, beteken die woord losprys. Jesus het die prys vir ons vrymaking van sonde en die gevolge daarvan (Matt 20:28, 1 Tim 2:6) betaal. Sy dood was in ruil vir ons lewe. Die Skrif is baie duidelik rakende verlossing en sê dat dit alleenlik moontlik is “Deur die Seun”, dus deur Sy dood (Kol 1:14).

Die hemelse strate sal vol van vroeëre gevangenes wees, verlos, vergewe en vrygemaak , wel nie deur hul eie verdienste nie. Slawe van sonde word heiliges. Geen wonder dat ons ‘n nuwe lied sal sing – ‘n lofsang vir die Verlosser wat geslag is (Open 5:9). Ons was slawe van die sonde, veroordeel om vir ewig van God geskei te wees. Jesus het die prys betaal om ons te verlos en ons vry te maak van die slawerny van sonde en ons te red van die ewige gevolge van daardie sonde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van Christelike verlossing? Waarom is dit nodig dat ons verlos moet wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries