settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen optree teenoor bedelaars?

Antwoord


Daar is baie opinies aangaande die vraag van hoe om op te tree teenoor bedelaars? Sommige mense voel gemaklik om geld te gee en voel dan dit is die bedelaar se besluit hoe om dit te gebruik, vir voedselaankope of alcohol/dwelms. Ander gee kos/water in plaas van geld met die verstandhouding dat sommige bedelaars nie die geld sou gebruik vir die gebruike wat die gewer gedink het nie. Wat is die regte ding om te doen? Volgens die Bybel moet ons die armes help. Maar, eindig ons verantwoordelikheid daar of moet ons as gewers seker maak dat dit wat ons gee vir die regte doeleindes aangewend word?

Eerder as om geld of kos te gee, verkies ander om transport aan te bied na ‘n plaaslike skuiling en/of voorsien finansiële steun direk aan die nagskuiling. Deur reddingsbedieninge finansieel te ondersteun, help ons die armes wat andersins op die straat sou bedel. Indien die plaaslike kerk ‘n kosbank het, dra dan daartoe by en stuur die bedelaar daarheen. Dit kan dalk die beste manier wees om die nood aan te spreek sonder om die sonde te versterk. Kerkkosbanke kry dan ook die uitstekende geleentheid om die evangelie te versprei onder die behoeftiges en haweloses.

Ander maniere om betrokke te raak deur kos of geskenbewyse aan plaaslike instansies te gee, is die uitdeel van “energy bars” of ander eetgoed wat behoue kan bly, op straathoeke of as die situasie dit toelaat, neem die persone vir ‘n maaltyd of kop vir hom/haar ‘n maaltyd. God wild at ons die armes moet help en seën ons weer. Volgens Dawid se woorde in Ps 42:1-3, word gesê, “Dit gaan goed met die men swat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood, die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan. U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.” Dit is beslis ‘n verdienstelike saak om die armes te help, insluitende die plakkaatdraers op die straathoeke. Elkeen van ons moet optree teenoor hulle soos die Here ons lei en terselfdertyd ook nie vergeet om vir hierdie behoeftige mense te bid nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen optree teenoor bedelaars?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries