settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen klimaatsverandering sien?

Antwoord


Dit is interessant om op te let hoe die frase “klimaatsverandering” vervang word deur “aardverwarming” as die slagspreuk/-frase van omgewingsbewustheid. Sommige wetenskaplikes/klimatoloë is seker dat menslike aktiwiteit, hoofsaaklik kweekhuisgas-uitstralings ‘n impak op die omgewing het. Waarvan hulle nie seker is nie, is wat presies die impak sal wees nie. ‘n Paar dekades gelede, was “aardverkoeling” die vrees, met waarskuwings van ‘n nuwe ystydperk wat die primêre bangmaaktaktiek was. Terwyl die meeste wetenskaplikes/klimatoloë vandag glo dat aardverwarming die primêre risiko is, het onsekerheid gelei na “klimaatsverandering,” wat gebruik word as ‘n minder spesifieke waarskuwing. Hoofsaaklik is die klimaatsverandering se boodskap die volgende: kweekhuisgasse se uitstralings beskadig die omgewing en omdat ons nie seker is wat die uitwerking sal wees nie, weet ons dat dit sleg sal wees.

Klimatoloë, ekoloë, geoloë, ens. is eenstemmig deur te erken dat die aarde deur noemenswaardige temperatuur/klimaatsveranderinge in die verlede gegaan het. Ten spyte van die feit dat hierdie klimaatsveranderinge duidelik nie deur menslike aktiwiteit veroorsaak is nie, is baie van hierdie selfde wetenskaplikes oortuig dat menslike aktiwiteit die primêre oorsaak van klimaatsverandering vandag is. Hoekom? Daar is moontlik 3 primêre motiverings:

Eerstens, glo sommige werklik en ten volle dat die kweekhuisgasse se uitstralings die klimaatsverandering veroorsaak. Hulle ondersoek op ‘n eerlike manier die data en kom tot dié gevolgtrekking. Tweedens hang sommige die klimaatsverandering-idee aan met feitlik ‘n godsdienstige ywer. Baie binne die omgewingsbewustheids-beweging is so obessief met die idee om “moederaarde” te beskerm, dat hulle enige argument sal gebruik om hul doel te verwesenlik, ongeag hoe ongebalanseerd en partydig dit is. Derdens hang sommige die klimaatsveranderings-mentaliteit aan vir ‘n finansiële aanwins. Sommige van die sterkste voorstanders van klimaatsveranderings-wetgewing is hulle wat finansieel die meeste baat deur “groen”-wette en -tegnologieë. Voordat die klimaatsveranderings-ingesteldheid aanvaar is, moet dit erken word dat nie almal wat pro klimaatsverandering is, dit vanuit ‘n ingeligte fondasie en suiwer motiewe doen nie.

Hoe moet ‘n Christen dan klimaatsverandering beskou? Ons moet skepties en krities daarna kyk, maar terselfdertyd met eerlikheid en respekvol. Die belangrikste egter is dat Christene vanuit ‘n bybelse perspektief daarna moet kyk. Wat sê die Bybel daaroor? Nie veel nie. Die naaste bybelse voorbeelde wat as klimaatsverandering beskou kan word, is die profesieë aangaande die eindtye se rampe in die hoofstukke van Openbaring 6-8. Tog het daardie niks te doen met uitstraling van kweekhuisgasse nie, maar eerder die resultaat van God se wraak, wat uitgestort word as straf op ‘n bose wêreld, wat al erger raak. Ook ‘n Christen moet onthou dat God in beheer is en dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. God sal op ‘n dag hierdie huidige heelal weg vee (2 Pet 3:7-12) en dit met die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde vervang (Openbaring 21-22). Hoeveel inspanning moet ingespan word om ‘n planeet te “red” wat God uiteindelik gaan uitwis en vervang met ‘n planeet wat so wonderlik en asemrowend is dat die huidige aarde verdof in vergelyking daarmee?

Is daar enigiets mee verkeerd om groen te gaan? Nee, beslis nie. Is dit ‘n goeie ding om te probeer om jou koolstofvoetspoor te verminder? Moontlik is dit so. Is bronne soos sonpanele, windlaaiers en ander hernubare energiebronne die moeite werd om na te jaag? Natuurlik. Is enige van hierdie dinge die primêre fokus van Jesus Christus se volgelinge? Absoluut nie! As Christene moet ons fokus wees om die waarheid van die Evangelie te verkondig, die boodskap wat die krag het om siele te red. Om die planeet te red, is nie in ons mag of ons verantwoordelikheid nie. Klimaatsverandering kan of kan nie realiteit wees en kan of kan nie deur menslike toedoen veroorsaak word nie. Wat ons vir seker kan weet, is dat God goed is en soewerein en dat die planeet aarde ons woonplek sal wees vir so lank as God begeer dat dit daar moet wees. Ps 46:3-4, “Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen klimaatsverandering sien?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries