settings icon
share icon
Vraag

Mag Christene nagklubs besoek? Is dit sonde om klubs te besoek?

Antwoord


Om dit reguit te stel, nagklubs is deel van die wêreld wat deur Satan beheer word. Hulle is daargestel met die doel om jouself oor te gee aan die sondige begeertes. Nagklubs bestaan primêr om 2 redes: om alkohol te drink en maats van die teenoorgestelde geslag te ontmoet, die meeste kere is daar seksuele aktiwiteite in gedagte. Ja, daar is musiek en word gedans, maar enkellopendes gaan spesifiek om te drink en iemand daar te ontmoet. Nagklubs is wêrelds en aangesien Christene in die wêreld is, is ons nie ván die wêreld nie. Om van die wêreld te wees, beteken om belang te stel en daardie dinge te begeer wat sondig van aard is.

Paulus praat met Christene en hy adresseer die kwessies van wêreldse praktyke I Ef 4:17-24, “In die Naam van die Here doen ek ‘n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, hulle verstand is verduister en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ‘n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. Julle het tog van Hom gehoor en omdat julle Sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.” Hier beskryf Paulus hulle wat God uitsluit en hulself oorgee aan wellustigheid vir die beoefening van elke soort onreinheid, met oorgawe.

Dit is duidelik dat God se hart is dat ons nie onsself so maklik en gewillig moet oorgee aan sonde nie. Kyk wat God hier sê, “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word.” God sê dat as ons onsself oorgee aan die sondige natuur, ons verlei word deur ons begeertes. Satan is ‘n meester van vervalsing. Met ander woorde, Satan verteenwoordig iets wat oppervlakkig lyk of dit aantreklik is. Die lokaas van ‘n klub is dat dit baie genotvol voorkom, vol plesier en genietinge. Wat ons egter nie sien nie, is die gevolge, want Satan hou die wellustige aanloklikheid op die voorfront van ons gedagtes. Seks, alkohol en dwelms – word alles in die meeste nagklubs gevind – dis baie vernietigend, beide fisies en geestelik. God het ‘n plek vir seks waar dit die meeste geniet word – in die huwelik, waar daar geen seksueel oordraagbare siektes, HIV, skuldgevoelens, eensaamheid is nie – en diegene wat God nie hierin glo nie, kry baie seer.

God verwag van ons om regverdig en heilig te wees, omdat Hy ons so geskep het. Die voordele van ‘n lewe soos God wil hê, oortref die nietige, korstondige grille wat hierdie wêreld bied. Baie wat die nagklubs ken, sê dieselfde ding – daar is geen vreugde, geen vervulling nie; God se begeertes vir ons is om regverdig en heilig te lewe, omdat Hy ons so geskep het. Baie is net leegheid. Net God kan ons behoeftes vervul en vir ons die blydskap en vreugde gee wat ons soek. Om klubs te besoek, bied niks meer as net goedkoop nabootsing nie. Daar is geen blywende vreugde nie, net die versoeking om te sondig.

Sulke plekke is nie vir Christene nie. Behalwe vir die opsigtelike verleidinge, is daar die kwessie van ons Christelike getuienis in die wêreld. Wanneer ongelowiges ‘n belydende Christen sien betrokke wees in ‘n sondige leefstyl, word Christus belaster en verlaag. Ons moet ons lig laat skyn voor mense, dat hulle ons goeie werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, verheerlik (Matt 5:16). Dit is moeilik om te sien dat ons lig van ons nuwe lewe in Christus in ‘n nagklub kan skyn. Selfs as die Christen nie in sondige aktiwiteite betrokke is nie, is die getuienis wat hy/sy daar bied vir die wêreld, deur slegs daar teenwoordig te wees, afbrekend en vernietigend en moet dit vermy word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Mag Christene nagklubs besoek? Is dit sonde om klubs te besoek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries