settings icon
share icon
Vraag

Wat moet ‘n Christen se siening wees rondom omgewingsbewustheid?

Antwoord


Daar is ‘n verskil tussen die bybelse siening van die omgewing en die politieke beweging “omgewingsbewustheid.” Deur hierdie verskil te verstaan, vorm dit ‘n Christen se siening van omgewingsbewustheid. Die Bybel is duidelik dat die aarde en alles daarin deur God geskep is vir die mens om daaroor te regeer en te onderwerp. “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip” (Gen 1:28).

Omdat hulle na Sy beeld geskep is, het God manne en vroue ‘n bevoorregte plek tussen alle skepsels gegee en hulle opdrag gegee om rentmeesters oor die wêreld te wees (Gen 1:26-28; Ps 8:6-8). Rentmeesterskap impliseer om om te sien, nie om te verniel nie. Ons is veronderstel om op ‘n intelligente wyse die bronne wat God vir ons gegee het, te hanteer, deur met alle ywer na hulle om te sien en te bewaar en te beskerm. Dit word gesien in die Ou Testament waar God opdrag gee dat die landerye en wingerde gesaai en geoes moes word vir ses jaar, dan vir die sewende jaar moet braak lê, om sodoende die grond se voedingstowwe weer aan te vul, beide om die land te laat rus en te verseker dat voorsiening kan aangaan vir Sy mense in die toekoms (Eks 23:10-11; Lev 25:1-7).

Daarbenewens as versorgers, moet ons die funksionaliteit en prag van die omgewing waardeer. In Sy ongelooflike genade en almag, het God alles op hierdie planeet geplaas wat nodig is om die biljoene mense wat hier leef te klee, te voed en woonplek te voorsien, sedert die tuin van Eden. Al die bronne wat Hy vir ons behoeftes voorsien het, is hernubaar en Hy hou aan om die son en reën te voorsien wat nodig is om haardie bronne te onderhou en aan te vul. En asof daar nie genoeg was nie, het Hy ook die planeet versier in glorieryke kleur en skilderagtige natuurskoon vir ons estetiese sintuie en om ons siele met verwondering te vervul. Daar is ontelbare soorte blomme, eksotiese voëls en ander pragtige manifestasies van Sy genade aan ons.

Terselfdertyd is die aarde waarop ons woon nie ‘n permanente planeet nie, ook was dit nooit so bedoel nie. Die omgewingsbeweging poog om die planeet vir ewig te bewaar en ons weet dat dit nie God se plan is nie. Hy sê in 2 Pet 3:10 dat aan die einde van die tye, die aarde en alles wat Hy geskep het, vernietig sal word: “Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ‘n dief kom. En op dié dag sal die hemel met ‘n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan.” Die fisiese, natuurlike aarde in sy huidige vorm, met die hele heelal, sal verteer word en God sal “’n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde” skep (2 Pet 3:13; Openbaring 21:1).

Dus sien ons eerder as om die aarde vir duisende of selfs mijoene jare vorentoe te probeer bewaar,moet ons goeie rentmeesters daarvan wees vir so lank dit bestaan, vir so lank as dit God se soewereine plan en doel dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat moet ‘n Christen se siening wees rondom omgewingsbewustheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries