settings icon
share icon
Vraag

Wat is ‘n Christen se siening van die wereld?

Antwoord


“Wereld siening” verwys na ‘n omvattende begrip van die wereld oor ‘n spesifieke standpunt. Die “Christen wereld siening” verwys dus na ‘n omvattende begrip van die wereld vanuit ‘n Christen standpunt. Die “individu se wereld siening” is sy eie “prentjie” wat in lyn is met sy eie geloof oor die wereld. Dit is sy eie manier hoe hy die wereld verstaan. Mens se wereld siening vorm die basis hoe hy of sy besluite neem en daarom is hierdie ‘n baie belangrike aspek.

Neem die voorbeeld hoe verskillende mense na ‘n appel op ‘n tafel sal kyk. Die plantkundige sal dit klassifiseer. Die kunstenaar sien dit as ‘n stil lewe wat hy kan skilder. Die winkel eienaar sien dit as ‘n bate wat hy kan verkoop. Die kind sien dit as iets om te eet. Hoe ons ‘n situasie sien word beinvloed deur hoe ons dinge verstaan en insien. Elke wereld siening, Christen en nie-Christen, sal ten minste die volgende drie vrae oorweeg: -

1) Waar kom ons vandaan (en hoekom is ons hier)?
2) Wat is verkeerd met die wereld?
3) Hoe kan ons dit regmaak?

Die heersende siening vandag is naturalisme wat hierdie drie vrae as volg beantwoord. 1) Ons is die resultaat van toevalligheid met geen spesifieke doel. 2) Ons respekteur nie die natuur soos ons moet nie. 3) Ons kan die wereld red deur egologiese en bewarings metodes. Die naturalistiese wereld siening veroorsaak heelwat verskillende filosofieë soos morêle relevansie, bestaansregs, pragmatisme en utopiesiteit.

Die Christen sal hierdie drie vrae as volg beantwoord. 1) Ons is God se skepping en gemaak om na die wereld om te sien en ook om ‘n verhouding met God te hê (Genesis 1:27-28; 2:15). 2) Ons het teen God gesondig en daardeur die wereld onder vloek gebring (Genesis 3). 3) God het die wereld verlos deur die offer van Sy Seun, Jesus Christus (Genesis 3:15; Lukas 19:10) en sal eendag die skepping perfek herstel soos dit oorspronklik was (Jesaja 65:17-25). Die gevolg van ‘n Christen wereld siening lei na volkome moraliteit, wonderwerke, mens waardigheid en die moontlikheid van verlossing / redding.

Dit is belangrik om te onthou dat die wereld siening omvattend is. Dit beinvloed elke deel van lewe, geld, moraliteit, van politiek tot by kuns. Opregte Christenskap is baie meer as net ‘n stel reels en gebruike in die kerk. Christenskap soos wat deur die Bybel aan ons vertel word, is insigself ‘n wereld siening. Die Bybel onderskei nooit tussen die geestelike lewe en die sekulêre lewe nie en kan dus gesien word as die enigste manier in te lewe. Jesus het self gesê, “"Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Johannes 14:6) en sodoende het Hy ons wereld siening geword.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ‘n Christen se siening van die wereld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries