settings icon
share icon
Vraag

Verwag God van Christene om te stem?

Antwoord


Dit is ons standpunt, dat dit die plig en verantwoordelikheid van elke Christen is om te stem en te stem vir leiers wat Christelike beginsels ondersteun. God is sekerlik in beheer, maar dit beteken nie dat ons niks verder hoef te doen, wat Sy wil bevorder nie. Ons het die opdrag ontvang om vir ons leiers te bid (1 Tim 2:1-4). In die Skrif is daar bewyse dat God nie altyd tevrede is met ons leierskapkeuses nie (Hosea 8:4). Die tekens van die greep van sonde is oral in hierdie wêreld te bespeur. Baie van die aardse lyding is as gevolg van goddelose leierskap (Spreuke 28:12). Die Skrif gee aan Christene opdrag om die wettige owerheid te gehoorsaam, tensy dit die Here se wette weerspreek (Hand 5:27-29; Rom 13:1-7). As wedergebore gelowiges, behoort ons leiers te kies, wat self ons Skepper as leier erken (1 Sam 12:13-25). Kandidate of benoemdes wat die Bybelse opdragte in verband met lewe, familie, huwelik of geloof verwerp, moet nooit ondersteun word nie (Spreuke 14:34). Christene moet stem soos gelei word deur gebed en bestudering van beide God se Woord en die realiteite van die keuse op die stembrief.

Christene in baie lande in hierdie wêreld word verdruk en vervolg. Hulle ly onder regerings, waaraan hulle niks kan verander nie en regerings wat hul geloof haat en hul stemme stilmaak. Hierdie gelowiges verkondig die Evangelie van Jesus Christus deur hul eie lewens in gevaar te stel. In die VSA is Christene geseënd met die reg om te praat en hul leiers te kies, sonder om vir hulself of hul families te vrees. In die VSA, in onlangse verkiesings, het 2 uit elke 5 self-erkende Christene die reg van die hand gewys en nie gestem nie. Ongeveer 1 uit 5 self-erkende Christene, geskikte Christene, is nie eers geregistreer om te stem nie.

In die hedendaagse lewe is daar baie wat die Naam en boodskap van Christus heeltemal uit die publieke arena wil hou. Deur te stem het ons die geleentheid om ‘n godvresende regering te bevorder, te beskerm en te behou. Deur daardie geleentheid te laat verbygaan, beteken dat diegene wat geen ontsag vir die Naam van Christus toon nie, toegang tot ons lewens kry. Die leiers wat ons verkies – of aan wie ons niks doen om te verwyder nie – het groot invloed op ons vryhede. Hulle kan kies om ons reg om te aanbid en die Evangelie te versprei, te beskerm of hulle kan daardie regte inperk. Hulle kan ons volk op die pad van geregtigheid lei of tot morele verwoesting. As Christene moet ons opstaan en ons opdrag uitvoer, om ons siviele pligte te volbring (Matt 22:21). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verwag God van Christene om te stem?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries