settings icon
share icon
Vraag

Mag ‘n Christen videospeletjies speel?

Antwoord


Toe God se Woord byna 2000 jaar gelede voltooi is, is daar nie met duidelikheid geleer of ‘n Christen videospeletjies mag speel nie. Die Bybelse beginsels is egter nog vandag van toepassing om die beste gebruik van ons tyd te maak. Wanneer God ons daarop wys dat ‘n spesifieke aktiwiteit ons lewens beheer, moet ons vir ‘n tydlank daarvan wegbreek, Hierdie “vas” kan kos, flieks, TV, musiek, videospeletjies of enigiets wees wat ons aandag daarvan aftrek om God te ken, lief te hê en Sy mense te dien. Sommige van hierdie dinge mag op sigself nie sleg wees nie, maar dit word afgode, indien dit ons aandag aflei van ons eerste liefde (Kol 3:5; Open 2:4). Die onderstaande is ‘n paar beginsels om te oorweeg as dit kom by videospeletjies, TV, flieks of enige wêreldse navolging.

Sal videospeletjies my opbou of eintlik net vermaak? Om te stig, beteken om op te bou. Sal videospeletjies jou opbou in God se liefde, kennis van Hom en om ander te bedien? “Alles is geoorloof. Ja, maar alles is nie heilsaam nie. Alles is geoorloof, sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie” (1 Kor 10:23-24; Rom 14:19). As God vir ons tyd gee om te ontspan, moet ons opbouende aktiwiteite kry om te geniet. Kies ons geoorloofde bokant prysenswaardige aktiwiteite? As ons ‘n keuse tussen goed, beter en die beste het, moet ons die beste kies (Gal 5:13-17).

Deur videospeletjies te speel, gehoorsaam ons ons eie wil of die wil van God? God se wil vir Sy kinders kan in Sy grootste opdrag saamgevat word: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand en jou naaste soos jouself” (Luk 10:27). Ons wil is deur sonde besmet. Aangesien ons van ons selfsugtige begeertes verlos is, moet ons ons wil oorgee (Fil 3:7-9). God se wil verander ons wil (Ps 143:10). Sy begeertes vir ons raak geleidelik ook ons diepste wense.

Baie mense glo dat God se wil eentonig en vernederend is. Hulle sien die beeld van ‘n monnik in ‘n eensame klooster of ‘n gegriefde kerk-opsigter. Deur biografieë van historiese helde soos Hudson Taylor, Amy Carmichael, Corrie Ten Boom en George Mueller te lees, sal dit bevestig. Hierdie heiliges het sekerlik wêreldse probleme, asook van hul eie vlees en die duiwel in die gesig gestaar. Hulle het dalk nie baie van hierdie wêreldse besittings gehad nie, maar God het groot werke deur hulle laat plaasvind. Aanvanklik lyk Sy wil onmoontlik en te heilig om vreugde te verskaf, maar God wil vir ons die krag gee om dit uit te voer en ook die begeertes om daarin vreugde te vind. “Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe” (Ps 40:9; Heb 13:21).

Is die videospeletjie tot eer van God? Sommige videospeletjies vereer geweld, onkuisheid en ondeurdagte besluite (bv. “Ek is uit die resies uit, dus kan ek net sowel my kar vernietig”) As Christene moet ons aktiwiteite eer aan God bring (1 Kor 10:31) en ons help om in kennis en genade van God te groei.

Sal die speel van videospeletjies goeie werke tot gevolg hê? “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” (Ef 2:10; sien ook Titus 2:11-14 en 1 Pet 2:15). Luiheid en selfsug vernietig God se doelwit vir ons – om aan ander goed te doen (1 Kor 15:58; sien ook Gal 6:9-10).

Sal die speel van videospeletjies selfbeheer vertoon? Baie mense sê dat dit ‘n verslawing of obsessief kan raak. In die Christelike lewe is daar nie plek vir sulke dinge nie. Paulus vergelyk die Christen se lewe met dié van ‘n atleet wat sy liggaam dissiplineer, om sodoende die prys te kan wen. Christene het ‘n groter motivering om ‘n afgesonderde lewe van selfbeheer te leef – ewige vergoeding in die hemel (1 Kor 9:25-27).

Sal die speel van videospeletjies die tyd uitkoop? Jy sal moet verslag gee oor hoe jy jou beperkte minute gebruik het. Om ure te spandeer op videospeletjies kan beswaarlik goeie tydverbruik wees. “Wees baie versigtig hoe julle lewe; nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen” (Ef 5:15-17). “vir die res van sy aardse bestaan word sy lewe nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die wil van God” (1 Pet 4:2; sien ook Kol 4:5; Jak 4:14 en 1 Pet 1:14-22).

Slaag dit die toets van Fil 4:8? “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig” (Fil 4:8) Wanneer jy videospeletjies speel, fokus jy op geestelike of sekulêre dinge?

Pas viedeospeletjies in my lewensdoel in? Paulus skryf dat mense in die laaste dae “eerder liefde vir genot hê as liefde vir God” sal hê (2 Tim 3:4). Hierdie beskrywing pas die Westerse kultuur goed. Ons hou daarvan om te speel. Nie-Christene raak verslaaf aan vermaak soos fliek, sport en musiek, omdat hulle nie ‘n hoër doelwit het, as om net die lewe voor die dood te geniet nie. Hierdie dinge kan nie werklik bevredig nie (Pred 2:1). Wanneer Christene aan dieselfde dinge as nie-Christene verslaaf raak, kan ons werklik sê dat ons die nuwe lewe vertoon “as ligdraers in die wêreld te midde van ontaarde en korrupte mense” (Fil 2:15)? Of bewys ons aan ander dat ons regtig nie van hulle verskil nie en dat Christus nie ‘n noemenswaardige verskil in ons lewens gemaak het nie?

Om God te ken, lief te hê en te gehoorsaam, beskou Paulus as sy hoogste prioriteit. “Maar wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees….Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van Sy opstanding te ondervind en deel te hê aan Sy lyding deur aan Hom gelyk te word in Sy dood” (Fil 3:7-10). Sal ek deur videospeletjies te speel, my liefde vir God wys of liefde vir die dinge van die wêreld? (1 Joh 2:15-17).

Sal deur videospeletjies te speel, my fokus op die ewigheid vestig? Christene het die hoop om ewigheidsbelonings in die hemel te ontvang, as hul as gelowiges op aarde lewe (Matt 6:19-21 en 1 Kor 3:11-16). Indien ons fokus om vir ewig te lewe, eerder as vir die verbygaande genietinge op aarde, sal ons met oorgawe leef, betreffende ons bronne, tyd en harte in diens van God (Kol 3:1-2; 23-24). As ons besittings of aktiwiteite veroorsaak dat ons fokus verloor op die ewige belonings, van watter waarde is dit dan (Luk 12:33-37)? Christene poog dikwels om beide God en hul eie begeertes te dien. Jesus het duidelik gesê, “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie” (Matt 6:24). God gee vir ons vreugde in tye van werk en rus (Pred 5:19; Matt 11:28-29; Kol 3:23-24). Ons moet daardie balans tussen werk en ontspanning vind. Wanneer ons tyd opsy sit om te ontspan soos Jesus gedoen het (Mark 6:31), moet ons ‘n aktiwiteit kies wat opbouend is.

Die vraag is nie ”Mag ek videospeletjies speel “ nie, maar “Sal videospeletjies die beste keuse wees?’ Sal dit my opbou, liefde vir my buurman wys en God daardeur vereer? Ons moet ons toelê op prysenswaardige aktiwiteite, nie net op dit wat toelaatbaar is nie. Alhoewel Hy jou lei, volg Hom passievol bo al die ander dinge. Berei jouself voor vir die ewigheid. Wanneer ons vir Jesus ontmoet, sal elke opoffering betekenisloos voorkom. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Mag ‘n Christen videospeletjies speel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries