settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor geboorte beheer? Is dit reg indien Christene geboorte beperk?

Antwoord


Dit was God se opdrag an mens “Wees vrugbaar, word baie” (Genesis 1:28). Die getroude lewe is deur God ingestel om sodoende ‘n stabiele omgewing te verseker waar kinders gewek en opgevoed kan word. Dit is jammer dat kinders vandag gesien word as ‘n beslommernis en ‘n las. Dat hulle (kinders) in die pad staan van loopbane en finansiele oogmerke en daar word ook somtyds gesê dat kinders sosiale lewens inkort. Baie kere is hierdie redes gebruik om geboorte te beperk.

Inteenstelling met hierdie tiepe selfsug vertel die Bybel ons dat kinders ‘n geskenk van God is (Genesis 4:1; Genesis 33:5). Kinders is erfenis van die Here (Psalm 127:3-5). Kinders is ‘n seën van God (Lukas 1:42). Kinders is die trots vir die oues van dae (Speuke 17:6). God seën onvrugbare vrouens met kinders (Psalm 113:9; genesis 21:1-3; 30:1-2; 1 Sameul 1:6-8; Lukas 1:7; 24-25). God vorm kinders in die skoot van vrouens (Psalm 139:13-16). God ken kinders voor hul geboortes (Jeremia 1:5; Galasiers 1:15).

Die naaste wat Skrif kom om geboorte beperking teen te staan is in Genesis 38, dit word genoem tydens die bespreking van Juda se seuns Er en Onan. Er het ‘n vrou getrou met die naam van Tamar maar hy was kwaadwillig en die Here het hom laat sterf wat dus vir Tamar sonder ‘n man en kinders gelos het. Tamar was toe aan Er se broer Onan gegee as vrou soos dit beveel word volgens die leviete wet in Deuteronomium 25:5-6. Onan wou nie sy erfdeel deel met ‘n kind wat van sy broer afkomstig is nie. Hy het toe geboorte beperking toegepas, dit was deur onttrekking tydens gemeenskap en was die vorm van geboorte beperking in die ou tyd. Genesis 38:10 sê, “Maar wat Onan gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here, en Hy het ook vir hom laat sterf”. Onan se bedoeling was selfsugtig en het hy Tamar net vir sy eie plesier gebruik en nie sy wettige verpligting nagekom om ‘n erfgenaam vir sy oorlede broer te wek nie. Hierdie gedeelte word gereeld gebruik om geboorte beperking te staaf. Maar ons moet onthou dat dit nie die geboorte beperking van Onan was wat hom laat omkom nie, dit was omrede sy selfsug dat God Oman laat sterf het.

Dit is belangrik dat ons kinders sien soos God hulle sien en nie soos die wereld ons wil laat voorskryf nie. Die Bybel verbied nie geboorte beperking nie. Voorbehoed as definisie is slegs die teenoorgestelde van bevrugting. Dit is nie die aksie van beperking wat reg of verkeerd is nie. Indien ons van Onan leer is dit die motiveering en bedoeling van geboorte beperking wat ons vertel of dit reg of verkeerd is. Wanneer ‘n getroude paartjie geboorte beperk om te wag dat hulle meer volwasse en finansieel gereed is vir kinders is dit miskien aanvaarbaar. Dit kom maar altyd terug na die motiveering agter die besluit.

Die Bybel stel dit altyd dat dit goed is om kinders te hê. Die Bybel “verwag” dat ‘n man en vrou kinders moet hê. Die onvermoë om kinders te wek word altyd deur die Bybel aangetoon as iets wat nie goed is nie. Ons vind niemand in die Bybel wat nie die behoefte aan kinders gehad het nie. In dieselfde tyd kan ons nie sê dat die Bybel geboorte bekerking verhoed of veroordeel nie. Alle getroude paartjies moet hulle deur God laat lei of hulle kinders moet hê en hoeveel hulle moet hê.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor geboorte beheer? Is dit reg indien Christene geboorte beperk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries