settings icon
share icon
Vraag

Het God euwel geskape?

Antwoord


Omrede God alles geskape het blyk dit of Hy dus ook euwel geskape het. Maar ons moet verstaan dat euwel nie iets tasbaar is nie soos ‘n klip of elektrisiteit nie. Ons kan nie euwel in ‘n bottel sit nie. Euwel het geen bestaanreg nie en is slegs die afwesigheid van iets anders, of dan wel goedheid. Ons kan dit miskien as volg verduidelik; ‘n gat kan slegs in ‘n pad bestaan, as daar geen pad is nie sal daar geen gat kan wees nie. God het alles goed geskape, een van Sy skeppings is mens wat Hy vrye wil op aarde gegee het, ons vrye wil laat ons toe om goedheid kies. Omdat daar ‘n keuse is moet daar dus die teenoorgestelde wees van goedheid wat ons euwel of boosheid noem. God het engele en mense ‘n keuse gegee om goedheid te kies en euwel te verwerp. Wanneer daar ‘n slegte verhouding is tussen twee goeie dinge bestaan beskryf ons dit as iets euwel of iets onheils, maar hierdie “iets” is nie tasbaar nie en daarom moet ons nie sê God dit geskape het nie.

Miskien sal hierdie verdere beskrywing meer insig verskaf. As ‘n persoon gevra word “bestaan koud” sal die antwoord beslis “ja” wees, maar dit is mos nie eintlik waar nie want “koud” bestaan nie. Koud is slegs die afwesigheid van hitte. Netso bestaan donkerte nie want donker is die afwesigheid van lig. Euwel is die afwesigheid van goedheid, of dan liewers die afwesigheid van God (want Hy kan net goed wees). God het nie euwel geskape nie, Hy laat slegs die afwesigheid van goedheid toe.

God het nie euwel geskape nie, maar Hy laat dit wel toe as ‘n keuse indien ons nie goedheid kies nie. Indien God nie euwel as ‘n opsie (keuse) toegelaat het nie sou daar geen keuse gewees het nie, en sou dit beteken het dat ons Hom as “robotte” gedien het met net een “program”. Dit was God se keuse dat ons moet kies of ons Hom wil dien of nie.

As beperkte mens sal ons nooit ‘n onbeperkte God kan verstaan nie (Romeine 11:33-34). Soms dink ons, ons verstaan hoekom God sekere dinge doen om dan net later te besef van ‘n heel ander doel as wat ons gedink het. Netso wonder ons hoekom God vir Adam en Eva geskape het terwyl Hy geweet het hulle sou sondig en die gevolge euwel, dood, onheil en lyding vir almal sou beteken. Ons kan nie hierdie vraag antwoord vanwee ons eie beperktheid (beperkte insig). Wat ons wel weet is dat alles wat God doen heilig en perfek is wat uiteindelik tot eer van Sy naam en wil sal lei.

God laat die moontlikheid van euwel toe omsodoende ‘n keuse vir ons te gee of ons Hom wil dien of nie. God het nie euwel (onheil) geskape nie, Hy laat dit slegs toe as ‘n keuse. As Hy dit nie as ‘n keuse toegelaat het nie sou ons Hom slegs uit verpligting gedien het en nie volgens keuse nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God euwel geskape?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries